Die swarttobie (Haematopus moquini) (Engels: African oystercatcher) is die tweede skaarsste voël in Suid-Afrika. Die voël was ernstig bedreig, maar bevolkings herstel noudat voertuie nie meer toegelaat word om op Suid-Afrikaanse strande te ry nie. Die bedreiging was as gevolg van die feit dat die swarttobie haar eiers op die strand lê en voertuie die eiers beskadig het. Die Mediterreense mossel is die hoofvoedsel van dié voël.
Navorsing Phil Hockey (1956–2013), 'n welbekende Suid-Afrikaanse ornitoloog, het sy doktorale verhandeling oor die swarttobie gedoen.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Eksterne skakels http://southafrica.co.za/af/african-black-oystercatcher.html
Kategorie:Tobies