Perdekop is 'n nedersetting geleë digby 'n 1 889 m hoë koppie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorpie is 47 km suidoos van Standerton.

Geskiedenis Dit is gevestig tydens die perdesiekte-epidemie toe boere gevind het dat perde wat na die bokant van die koppie gebring is teen die siekte beskerm is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n uitkykballon van die plek af bedryf om die Boere se aktiwiteite te monitor.

Genl. Constand Viljoen, stigter van die Vryheidsfront en eertydse hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag was hier op laerskool.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga