Piet Retief is 'n dorp geleë in die bosbougebied van suidelike Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is naby die grens met Eswatini en die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.
Geskiedenis Die dorp is in 1883 deur die Voortrekkers gestig en vernoem na die Voortrekkerleier Piet Retief. In 1886 het die slegs 72 inwoners van die dorp die republiek Klein Vrystaat uitgeroep wat tot 1891 bestaan toe dit ingesluit is in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Die dorp het in 1932'n munisipaliteit geword. Die vernaamste toeriste-aantreklikheid in die dorp is die Nederduits Gereformeerde Kerk wat deur die argitek Gerard Moerdijk ontwerp en in 1921 gebou is.
Naamsverandering Op 2 Februarie 2010 het die Suid-Afrikaanse minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, 'n staatsbesluit goedgekeur om Piet Retief te hernoem na eMkhondo.http://www.mg.co.za/article/2010-02-02-xingwana-approves-28-geographical-name-changes Soos by baie ander post-apartheid naamsveranderings in Suid-Afrika, is hierdie optrede omstrede. Die meeste inwoners is onseker oor wat die nuwe naam beteken, en het aangevoer dat die dorpsnaam "Piet Retief" nie algemeen onaanvaarbaar was nie. Soos wel die geval was met 'n naam soos Verwoerdburg. Prominente Afrikanergroepe, insluitend die Vryheidsfront Plus, het belowe om die verandering te betwis.
Distrik Die distrik is 4 418km2 groot. Die omgewing se jaarlikse reënval beloop 1 000 mm. Die hoof-ekonomiese aktiwiteite is hout-, papier- en wattelbasproduksie sowel as mika-, kaolien- en ystermynbou.
Galery
Sien ook Gereformeerde kerk Piet Retief NG gemeente Piet Retief Lys van dorpe in Suid-Afrika Nkosanjaneni (township) Welverdiend
Eksterne skakels
Google Kaart
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga