Morgenzon (Nederlands vir môre- of oggendson) is 'n klein boerderydorp geleë op die oewers van die Osspruit met 'n belangrike landbouskool in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is 42 km noordwes van Amersfoort.

Geskiedenis Die dorp is op die plaas met dieselfde naam gestig wat aan JLW de Jager behoort het. Dit is om die Marnico Hotel gevestig wat in 1912 op 'n rushalte vir waens tussen Standerton en Ermelo gevestig is. Die eerste dorpsraad is in 1920 ingestel.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga