Vir die meer sien : Chrissiesmeer
Chrissiesmeer is 'n klein dorp in die waterryke Panneveld van Mpumalanga in Suid-Afrika.
Geskiedenis Die San en Tlou-tle bevolking het die gebied bewoon en op vlotte op van die groter mere gewoon. Die Voortrekkers het in die 1860's 'n dorp in die gebied gevestig en dit vernoem na Christina Johanna Petronella, dogter van die ZAR President M.W. Pretorius. In die 1880's het die dorp 'n belangrike oornagpunt geword vir waens wat na die goudmyndorp Barberton onderweg was.Chrissiesmeer, besoek op 7 April 2007
Chrissiesmeer Die dorpie is aan die noordekant van die meer geleë. Die meer is ongeveer 24 km in omtrek en plek-plek sowat 3 m diep. Die gebied is bekend weens sy ongeskonde waterbronne van hoë suiwerheid, met die gepaardgaande biodiversiteit.Chrissiesmeer , The Water Wheel, Maart/April 2011, wrc.org.za Dit is die tuiste van amfibieë en varswatermossels, en is die wei- en broeiplek van menige watervoëls, insluitend flaminke. Groot riviere is afwesig, maar bolope van die Vaal, Mfolozi, Komati en Olifants is in die omliggende plato.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Chrissiesmeer op mpumalanga.com
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga