Breyten is 'n dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika, geleë tussen Carolina en Ermelo aan die voet van die Klipstapel, die hoogste punt op die waterskeiding tussen die weswaarts vloeiende Vaalrivierstelsel en die ooswaarts vloeiende Olifants/Letabarivier en Komatirivierstelsels.

Geskiedenis Die oorspronklike plaas, Bothasrus, waarop die dorp ontwikkel is, is aan Lukas Potgieter gegee in 1888 as vergoeding vir die verlies van 'n been tydens die Eerste Vryheidsoorlog tydens die Slag van Ingogo. Hy het die plaas later aan veldkornet Nicolaas Breytenbach verkoop na wie die dorp vernoem is. Die dorp is in 1905 uitgelê nadat die spoorlyn die dorpie vanaf Springs bereik het.

Distrik Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.

Bekendste persoon in Breyten gebore Naas Botha - 1958 Springboklosskakel

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Eksterne skakels Google-kaart

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga