Rivierdolfyne is vier spesies dolfyne wat in varswater voorkom. Hulle word geklassifiseer in die familie Platanistoidea. Drie van die spesies kom in riviere voor.
Ekologie Rivierdolfyne is die mees bedreigde van alle dolfynsoorte weens faktore wat jag en die besoedeling van habitat insluit. Sommige rivierdolfyne beskik slegs oor swak sig en kom sodoende in gevaar weens aanraking van of verstrengeling in mensgemaakte voorwerpe soos nette.
Klassifikasie In die onlangse klassifikasie (Rice 1998) is daar tans vier families rivierdolfyne, alhoewel die Lipotidae teen die einde van die dekade reeds uitgewis sal wees. Sedert Desember 2006 is die familie geklassifiseer as voorlopig uitgewis.
Superfamilie Familie Plantanistidae - Ganges en Indus-rivierdolfyn Familie Iniidae - Amesone-rivierdolfyn Familie Lipotidae - Sjinese rivierdolfyn Familie Pontoporiidae - La Plata-dolfyn
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Kategorie:Dolfyne