Arthur Chaskalson (24 November 1931 – 1 Desember 2012) was 'n regsgeleerde, president van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika vanaf 1994 tot 2001 en hoofregter vanaf 2001 – 2005.

Loopbaan Chaskalson is in Johannesburg gebore, en het 'n BCom (1952) en LLB Cum Laude (1954) aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

In 1963 was Chaskalson deel van Nelson Mandela se verdedigingspan tydens die Rivonia-verhoor, waarna Mandela lewenslange tronkstraf ontvang het.

Hy sterf aan leukemie (bloedkanker) op 1 Desember 2012 in Johannesburg en is in die Wespark-begraafplaas begrawe.

Persoonlike lewe Chaskalson was van Joodse geloof en het twee seuns en vier kleinkinders gehad.

Sien ook Konstitusionele Hof van Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode