Cherokees (ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi, [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî]) is die enigste van die Irokese tale wat nog gebesig word, met 12 300 sprekers in die Amerikaanse deelstate Oklahoma, Noord-Carolina, Arkansas en Kalifornië. Cherokees word deur die Cherokee-Indiane gepraat. Die oorspronklike naam van hierdie taal was Aniyunwiya, die huidige naam Tsalagi is van die Engelse term Cherokees afgelei, wat eens na die Irokese verwys het.

duimnael|links|Die woord Tsalagi ("Cherokee") in Cherokees-sillabeskrif duimnael|links|Vroeëre verspreiding van Cherokees in die Verenigde State duimnael|links|Die Cherokees-sillabeskrif, soos ontwerp deur Sequoyah Cherokees is 'n polisintetiese taal met 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en word met die unieke Cherokees-sillabeskrif, wat deur die bekende Sequoyah in die laat 1810's en vroeë 1820's ontwerp is, geskryf. Hedendaags is die meeste Cherokee tweetalig met Engels as tweede taal. Die Unesco beskou Cherokees as 'n bedreigde taal.

Dit is die inheemse taal van die Amerikas waarin die meeste literatuur, insluitende die Bybelse Nuwe Testament en Psalms, gepubliseer is. Die Cherokee Phoenix (ᏣᎳᎩ ᏧᎴᎯᏌᏅᎯ, Tsalagi Tsulehisanvhi) is die eerste koerant wat deur inheemse Amerikaners in die Verenigde State gepubliseer is en die eerste wat in 'n inheemse Amerikaanse taal uitgegee is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika