Die uKhahlamba-Drakensbergpark is in die Drakensberge op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho geleë.
Hierdie park van 242 800 ha sluit die Suid-Afrikaanse Royal Natal- Nasionale Park in en vorm saam met die Sehlabathebe Park in Lesotho die Maloti-Drakensberg-oorgrenspark.
Dit is in 'n uiters ruie en bergagtige gebied geleë en is een van die belangrikste bergopvangsgebiede in die land. Die drie grootse riviere van KwaZulu-Natal ontspring hier. Die hele vleiland is nog in sy oorspronklike staat. Verskeie inheemse en bedreigde plant- en dierspesies kom hier voor. 'n Aantal rotstekeninge uit prehistoriese tye is al hier waargeneem. In 1997 is die gebied tot Ramsar-vleiland en in 2000 tot wêrelderfenisgebied verklaar.
duimnael|links|'n Uitsig oor die heuwels Lees ook Ramsar-konvensie Ramsar-vleilande in Suid-Afrika
Bibliografie Philip Briggs: uKhahlamba-Drakensberg Park. 30° South Publishers, 2008, . uittreksels
Eksterne skakels
Kategorie:Landvorme van Lesotho Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika