Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Ainoe (taal).

Die Ainoe (Ainoe: アィヌ, Aynu; Japannees: アイヌ, Ainu; Russies: Айны, Ajny), in historiese Japanse bronne ook Ezo (蝦夷) genoem, is 'n inheemse volk van Japan (Hokkaido en voorheen noordoostelike Honsjoe) en Rusland (Sachalin, die Koerile, en voorheen die Kamtsjatka-skiereiland). Genetiese en antropologiese studies dui daarop dat hulle as direkte afstammelinge van die prehistoriese Jōmon-kultuur beskou kan word, waarvan die lede in 'n kernperiode van 14 000 tot 300 v.C. oral in Japan gewoon het.

duimnael|links|Historiese verspreiding van die Ainoe in Oos-Asië duimnael|links|Hedendaagse verspreiding van die Ainoe op Hokkaido Die Ainoe se amptelike getal is 25 000, hoewel hulle nieamptelik op 200 000 geskat word, te danke aan die feit dat baie Ainoe volledig in die Japannese samelewing geassimileer is en gevolglik geen kennis van hul afkoms het nie. Vandag verwys hulle na hulself as Ainoe of Oetari. Ainoe beteken "mens" en Oetari "kameraad" in die Ainoe-taal. Hulle het tot onlangs as tradisionele jagter-versamelaars geleef.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Japan Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Inheemse volke Kategorie:Sachalin-oblast