Inuktitut (ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ, [inuktiˈtut], letterlik: "taal van die mens") is 'n Eskimo-Aleoetiese taal en sedert 19 September 2008 'n amptelike taal van die Kanadese gebied Nunavut. Inuktitut is nou verwant aan die Inuïtiese tale en word óf met die Inuktitut-sillabeskrif óf met die Latynse alfabet geskryf. Dit is 'n plurisentriese taal en word sedert 2004 as een van Kanada se streekstale erken.

duimnael|links|Die woord ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ ("Inuktitut") in Inuktitut-sillabeskrif duimnael|links|Die sillabeskrif wat gebruik word om Inuktitut (titirausiq nutaaq) te skryf. Die bykomende karakters met die kolletjies verteenwoordig lang vokale; in die Latynse transkripsie sou die vokaal verdubbel word. Inuktitut het sowat 35 200 moedertaalsprekers en is die taal van Kanada se inheemse Inuïete. Dit is ná Groenlands een van die belangrikste van die Inuïtiese tale en geniet amptelike status in die Kanadese gebied Nunavut, die noordelike deel van die provinsie Quebec (Nunavik), 'n deel van die provinsie Newfoundland en Labrador (Nunatsiavut) en in die Noordwestelike gebiede. Inuktitut bevat verskeie dialekte en soms word al die ander Inuïtiese tale as 'n dialek van dieselfde taal beskou wat as Inuktut bekend staan.

Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Inuktitut sluit Eskimo en husky in. Inuktitut is nes Afrikaans en Duits bekend vir die skepping van lang woorde. Nuwe woorde word gewoonlik uit Inuktitut-wortels saamgevoeg, maar veral in die moderne taalgebruik word hulle uit Engels of Frans ontleen.

Dialekte ISO 639-3 Dialek Gebied Getal sprekersTotaal: 31 240; Bron: UNESCO Atlas of the World’s Languages in Danger volgens die Census-Daten 2006, waar na al die dialekte saam as Inuktitut verwys word. Skryfstelsel ike (Oos-Inuït) Nunatsiavummiutut (Inuttut) NL: Nunatsiavut 550 Latyn Nunavimmiutitut (Tarramiutut) QC: Nunavik 10 700 Sillabeskrif Qikiqtaaluk nigiani (Aggurmiutut) NU: Qikiqtaaluk 5 740 Qikiqtaaluk uannangani 4 550 Aivilingmiutut NU: Kivalliq 1 500 Kivallirmiutut 5 500 ikt (Wes-Inuït) Natsilingmiutut (Nattiliŋmiutut) NU: Kitikmeot 1 500 Inuinnaqtun 1000 Latyn Siglitun (Inuvialuktun i. e. S.) NT: Inuvikin Yellowknife word ook Inuktitut gebesig, in Ulukhaktok Inuinnaqtun, sien Official Languages of the Northwest Territories 200

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eskimo-Aleoetiese tale Kategorie:Tale van Kanada