Boris Wasilijewitsj Spasski (30 Januarie 1937 - 27 Februarie 2025) was 'n Russiese skaakspeler en grootmeester. Hy is 'n voormalige wêreldkampioen vanaf 1969 tot 1972. Spasski het in drie wêreldkampioenskapstryde gespeel: hy het verloor teen Tigran Petrosian in 1966; hy het vir Petrosian gewen in 1969; en verloor teen Bobby Fischer in die bekende 1972-wêreldskaakkampioenskap.
In 1976 het Spasski na Frankryk verhuis en 'n Franse burger geword in 1978. In 2012 het hy teruggekeer na Rusland. Hy was die oudste voormalige wêreldkampioen wat nog lewe.
Vroeë lewe Spasski is in Leningrad vir Russiese ouers gebore. Sy vader, Wasili Wladimirowitsj Spasski, was in die weermag werksaam.10th World Champion Boris Spassky: My Knowledge of Chess Openings Was Really Bad interview in the Sovetsky Sport newspaper, 2012-01-20 (in Russian)
Persoonlike lewe Boris is drie keer getroud. Sy eerste vrou (1959-1961) was Nadezjda Konstantinowna Latintsewa. Hulle het een dogter, Tatjana (gebore 1960), gehad. Sy tweede vrou was Larisa Zacharowna Solowjowa. Hulle het 'n seun, Wasili Solowjof-Spasski (gebore 1967), gehad. Sy derde vrou was Marina Joerijewna Sjtsjerbatsjowa, getroud in 1975. Hulle het 'n seun, Boris Spasski jr. (gebore 1980), gehad.Jewgeni Gik. Boris Spassky: The Chess King With Very Independent Views by RIA Novosti, Januarie 30, 2012 (in Russian)Who Would Marry a Chess Master? on Chess.com, Januarie 20, 2013
Boeke
Verwysings
Eksterne skakels
Boris V Spassky Boris Spassky Verslag met Boris Spassky Chessbase
Kategorie:Franse sportlui Kategorie:Russiese skaakspelers Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2025