Stephen Kevin Bannon (gebore 27 November 1953) is 'n Amerikaanse dokumentêre rolprentvervaardiger, mediasakeman, politieke figuur, strateeg, voormalige beleggingsbankier, en die voormalige uitvoerende voorsitter van Breitbart News. Hy was hoofstrateeg in die Withuis tydens die eerste sewe maande van president Donald Trump se eerste termyn.

Filmografie 1991: The Indian Runner 1999: Titus 2004: In the Face of Evil: Reagan's War in Word and Deed 2005: Cochise County USA: Cries from the Border 2006: Border War: The Battle Over Illegal Immigration 2007: Tradition Never Graduates: A Season Inside Notre Dame Football 2009: The Chaos Experiment 2010: Generation Zero 2010: Battle for America 2010: Fire from the Heartland: The Awakening of the Conservative Woman 2011: Still Point in a Turning World: Ronald Reagan and His Ranch 2011: The Undefeated 2012: Occupy Unmasked 2012: The Hope & The Change 2012: District of Corruption 2013: Sweetwater 2014: Rickover: The Birth of Nuclear Power 2016: Clinton Cash 2016: Torchbearer 2018: Trump @War 2019: American Dharmahttps://www.thegatewaypundit.com/2019/09/in-select-theaters-november-1st-steve-bannon-stars-in-american-dharma/ Die Amerikaanse Oscar wenner Errol Morris se American Dharma word vanaf 1 November 2019 in uitgesoekte teaters in Amerika gewys. American Dharma is 'n portret van die omstrede politieke strateeg en voormalige Donald Trump-adviseur, Steve Bannon. Volgens resensente gee dit 'n duidelike beeld van hoe die polities korrekte elite tans verkeerd optree in die oë van die 'gewone' man; en hoe die elite versuim om enige van die hedendaagse probleme wat die beskawing in die gesig staar op te los, met blote ruggraatlose kompromieë en die weiering om ooit werklike standpunte in te neem teen dit wat almal kan sien verkeerd loop. Daar is 'n dringende behoefte aan verandering, soos Bannon herhaaldelik sê. En om Trump verkies te kry, is 'n stomp instrument (sy woorde) om dinge te verander. Enige van die ander Republikeinse kandidate sou die status quo net verleng het, en daarom was Trump in werklikheid die enigste uitweg. Opgespoor en besoek op 20/09/2019

Verwysings

Eksterne skakels

American Dharma op Twitter

Kategorie:Amerikaanse draaiboekskrywers Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Luitenante Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense