Gembloers (Frans: Gembloux, Wallonies: Djiblou) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Waalse provinsie Namur met 'n oppervlakte van 96 km² en ongeveer 24 000 inwoners (2011). Die bevolkingsdigtheid is 247 inwoners per km².
Ekonomie en onderwys Die stad staan bekend vir sy mesfabriek en sy Universitêre Fakulteit Landbouwetenskappe. Die Belgiese sportmotorvervaardiger Gillet het sy hoofkwartier in Gembloers.
Argitektuur Die kloktoring van Gembloers het in 2005 UNESCO se wêrelderfenisstatus verkry en is sodoende by die bestaande lys van Vlaamse, Waalse en Noord-Franse kloktorings gevoeg.
Geskiedenis Tydens die Middeleeue het die gebied van Gembloers 'n graafskap onder die heerskappy van die plaaslike abdy gevorm. Die gebouekompleks, wat tans die Fakulteit Landbouwetenskappe huisves, het vroeër deel uitgemaak van die Benediktynse abdy van Gembloers.
In die eerste Slag van Gembloers het Spaanse troepe die leër van die Nederlandse State-Generaal verpletter. In die tweede Slag van Gembloers van 1940 het Franse troepe, waaronder ook skutters van Senegal en Marokko, tydens die Tweede Wêreldoorlog teen die Duitsers geveg.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Die webwerf van Automobiles Gillet
Kategorie:Munisipaliteite in Namen (provinsie) Kategorie:Nedersettings in Namen (provinsie) Kategorie:Stede in Wallonië