Gresham's Skool (Engels: Gresham's School) is 'n private kosskool in Holt, Norfolk, Engeland, by die Noordsee.

duimnael|links|Gresham's Skool in 1838 Gresham's Skool is volgens Christelike beginsels in 1555 deur sir John Gresham as 'n naasteliefdeskool gevestig. Dit was sy bedoeling om aan die skool gratis onderrig te gee aan 40 seuns van Holt, sy geboortestad. Mettertyd het Gresham's Skool ontwikkel, en vanaf 1971 word meisies ook tot die skool toegelaat.

Omtrent 730 seuns en meisies tussen 8 en 18 gaan woon tans die skool by, waar hulle £22 000 per jaar moet betaal.

W. H. Auden, Benjamin Britten, lord Reith, Sir Christopher Cockerell, Sienna Guillory, sir Stephen Spender, Stephen Frears, Stephen Fry, Peter Brook en sir James Dyson behoort tot die vele beroemde mense wat in hul kinderjare aan die skool studeer het.

Die huidige skoolhoof is Douglas Robb.

Eksterne skakels

Gresham's School

Kategorie:Geboue en strukture in Engeland Kategorie:Skole in die Verenigde Koninkryk