JerewanԵրևան 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Koördinate  Stigting 782 v.C. Oppervlak:    - Totaal 227 vk km  Hoogte bo seevlak 989 m Bevolking:    - Totaal (2017) 1 075 800  - Bevolkingsdigtheid 4 824/vk km Tydsone UTC +4  - Somertyd UTC +5 Burgemeester Tigran Avinyan Amptelike webwerf yerevan.am

Jerewan (Armeens: Երևան/Jerewan [jɛɾɛˈvɑn] , as amptelike Oos-Armeense naam, of Երեվան volgens die tradisionele spelling, meestal gebruik deur die Wes-Armeense diaspora) is die hoofstad en grootste stad van Armenië met 'n oppervlakte van 227 vierkante kilometer en 'n bevolking van 1 075 800 in 2017. Jerewan is die ekonomiese, kulturele en wetenskaplike sentrum van die land en vorm vanweë sy grootte – meer as 'n derde van die totale Armeense bevolking is hier saamgetrek – 'n eie provinsie.

Jerewan se geskiedenis dateer terug na die 8ste eeu v.C. en die stigting van die Urarteïese vesting Erebuni in 782 v.C., wat van Jerewan een van die oudste stede ter wêreld maak. Die stad spog met talle historiese geboue, beeldhouwerke en fonteine, en sy pragtige argitektuur word deur 'n kleurryke mengsel van materiale – tufsteen, tragiet en basalt in alle skakerings – gekenmerk.

Die stad is ook een van die belangrikste kulturele sentrums ter wêreld. Hier word een van die uitnemendste versamelings historiese manuskripte bewaar: Die Matenaderan-sentrum se unieke versameling van ou handskrifte bevat waardevolle inligting oor die geskiedenis, kultuur en wetenskap van Armenië, die Midde-Ooste, Griekeland en Rome. In 2012 is Jerewan as Unesco se wêreldboekhoofstad benoem.

Geografie en klimaat duimnael|links|'n Uitsig oor Jerewan met die Berg Ararat in die agtergrond Jerewan is tussen 950 en 1 300 meter bo seevlak aan die Hrasdanrivier geleë, 'n takrivier van die Araks, en in 'n hoefystervormige keteldal wat aan drie kante deur berge omring word. Die suidelike stadsdele beslaan die noordoostelike hoek van die Ararat-vallei waar die Hrasdan- en Getar-riviere die vallei deurvloei, terwyl die hoër geleë stadsbuurte op die Norq- en Qanaqer-heuwels geleë is. Hier het rivierlope op baie plekke diep ravyne uit die landskap gesny.

Vanaf die 20ste eeu het die stadsgebied steeds verder uitgebrei en 'n aantal ou en nuwe nedersettings in die omgewing begin insluit, waaronder Norq, Qanaqer, Avan, Noragavit en Davitashen.

Die stad het 'n kontinentale klimaat met baie warm en droë somers en relatief kort en koue winters. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 11,6 °C en die gemiddelde jaarlikse reënval sowat 304 millimeter. Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar Gemiddelde temp. [°C] -5 -2 5 11 19 23 26 25 20 15 8 -1 13 Reënval (cm) 2 2 3 4 4 2 1 1 1 3 2 2 27

Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|Die bouvalle van die antieke fort Erebuni Die eerste menslike nedersettings in die omgewing van Jerewan het reeds sowat 5 000 jaar gelede ontstaan. Versterkte dorpe uit die Bronstydperk sluit Sjengawit, Karmir Bloer, Karmir Berd en Berdadzor in. Argeologiese opgrawings wys dat 'n Urarteïese fort, Erebuni (Էրեբունի), reeds in 782 v.C. op bevel van koning Argisjtis I in die huidige stadsgebied van Jerewan opgerig is om aanvalle uit die Noord-Kaukasusgebied af te weer. In die bloeitydperk van die Urarteïese Ryk is besproeiingskanale en waterdamme in die gebied gebou.

Die fort Teisjebaini (Karmir Blur) is in 585 v.C. deur die Skitiërs verwoes. Tussen die 6de en 4de eeu v.C. was Jerewan een van die sentrums in die Achaemenidiese Ryk se Armeense satrapie. Die tydperk tussen die 4de en 3de eeu v.C. staan weens die gebrek aan historiese gegewens as Armenië se donker tydperk bekend. Die eerste kerk in Jerewan, die Sint-Pieter-en-Pauluskerk, is in die 5de eeu gebou. Die gebou het in 1931 ineengestort.

Jerewan onder buitelandse oorheersing Gedurende die hoogtepunt van die Arabiere se invalle is ook Jerewan in die jaar 658 ingeneem. Die stad was sedert hierdie tydperk weens sy geografies strategiese ligging by die kruispunt van handelsroetes tussen Europa en Indië steeds belangrik. Die huidige naam Jerewan is sedert die 7de eeu gebruik.

duimnael|'n Uitsig oor Jerewan, geteken in 1672 deur Jean Chardin Tussen die 9de en 11de eeu het Jerewan 'n veilige stad binne die Armeense Koninkryk gebly. Uiteindelik is dit deur die Seldjoeke verower. Die Mongoolse heerser Timoer Lenk het Jerewan in 1387 ingeneem en geplunder. Die stad het daarna as die administratiewe sentrum van die Il-khanaat gedien.

Weens sy strategiese ligging het Jerewan 'n twisappel in die langdurige oorloë tussen die Persiese en die Ottomaanse Ryk geword. In die tydperk tussen 1513 en 1737 is die stad veertien keer afwisselend deur albei moondhede verower. Op bevel van sjah Abbas I is tienduisende Armeniërs, onder wie inwoners van Jerewan, in 1604 na Persië gedeporteer. Daarna was sowat tagtig persent van die stad se bewoners Moslems.

Die Franse reisiger Jean Chardin het in die 17de eeu 'n besoek aan Jerewan afgelê en 'n beskrywing van die stad in sy joernaal "Die reise van Cavalier Chardin in Transkaukasië in 1672–1673" gegee. Op 7 Junie 1679 is Jerewan deur 'n massiewe aardbewing verwoes.

Russiese beheer duimnael|96-jarige herdenking van die Armeense volksmoord in 2011 duimnael|Republiekplein Jerewan is op 1 Oktober 1827 tydens die Russies-Persiese Oorlog van 1826 tot 1828 deur Russiese troepe onder die bevel van Iwan Paskewitsj bevry en in 1828 amptelik deur Persië aan Rusland afgestaan. As gevolg van die Ooreenkoms van Toerkamantsjai het die tsaristiese Rusland die hervestiging van Armeniërs uit Persië en Turkye bevorder. Die Armeense bevolking het weer begin groei, en by die eeuwisseling het 29 033 mense in Jerewan gewoon, waarvan 49 persent Azerbeidjanners (of, volgens die destydse Russiese bronne, Azerbeidjanse Tatare), 48 persent Armeniërs en twee persent Russe.

Die stad het in ekonomiese en politieke opsig begin groei. Ou geboue is afgebreek en deur nuwe geboue in die Europese boustyle vervang. In 1829 is Armeniërs uit Persië gerepatrieer en in 'n nuwe stadswyk gevestig. In die 1830's het Jerewan 'n oejezd, 'n Russiese administratiewe eenheid, geword. Tsaar Nikolaas I van Rusland het Jerewan in 1837 besoek.

Die eerste algemene plan van die stad is in 1854 opgestel. Tussen 1850 en 1860 is die vrouekolleges van Sint Hripsime en Sint Gajane en die Engelse Tuin geopen. Die eerste drukkery is in 1874 in bedryf gestel, en die eerste teater het in 1879 naby die Sint-Pieter-en-Paulkerk geopen. 'n Spoorwegverbinding met Aleksandropol, Tbilisi en Joelfa is in 1902 ingewy, en in dieselfde jaar het ook die eerste openbare biblioteek lesers gelok. Die eerste telefoonverbindings, wat in 1913 in bedryf gestel is, is deur 80 intekenaars gebruik.

Die Oktober-rewolusie van 1917 het 'n einde aan die Russiese Ryk gebring. Die Armeense, Georgiese en Moslemleiers van Transkaukasië het saamgesmelt en die Transkaukasiese Federasie gevorm, wat amptelik sy afskeiding van die Russiese Ryk afgekondig het.

Onafhanklikheid: 1917–1920 Ná die Russiese Rewolusie van 1917 het Jerewan in die volgende jaar deel gevorm van die kortstondige, onafhanklike Transkaukasiese Federasie, met die hoofstad Tbilisi. Op 28 Mei 1918 het Jerewan die hoofstad van die onafhanklike Eerste Republiek van Armenië geword.

Met die inval van die 11de Rooi Leër op 29 November 1920 het die stad in die Sowjet-magsfeer beland. Nasionalistiese Armeense troepe het Jerewan in Februarie 1921 nog 'n keer beset, maar op 2 April het die Sowjetunie die stad herower.

Jerewan onder Sowjet-heerskappy duimnael|Die stadsaal van Jerewan duimnael|Die Engelse Park in Jerewan is 'n gewilde plek vir huweliksfoto's Jerewan het die hoofstad van die nuutgestigte Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek geword, een van vyftien republieke in die Sowjetunie. Die Sowjet-tydperk het die stad, wat oorspronklik net vir enkele duisende inwoners bedoel was, in 'n moderne metropool met meer as een miljoen mense omgeskep. Die nuwe Jerewan is volgens ontwerpe van die bekende Armeense argitek Alexander Tamanian ontwikkel, wat daarin geslaag het om nasionale tradisies met die eietydse stedebou te versoen. Sy ontwerpe berus op 'n straal- en kringvormige stadsuitleg, wat uiters geskik was vir die plaaslike terrein en sedertdien tot een van die belangrikste besienswaardighede in Jerewan ontwikkel het.

Tamanian se uitleg is op die bestaande ou strukture van die stad afgedwing en het gevolglik tot die sloping van 'n groot aantal histories belangrike geboue soos kerke, moskees, die Persiese fort, baddens, basare en karavanserais gelei. Die stad is omgeskep tot 'n groot industriële, kulturele en wetenskaplike sentrum met meer as 200 belangrike nywerheidsondernemings – een van die grootste in die Sowjetunie.

Tydens die 50ste herdenking van die Armeense volksmoord het 'n algehele staking teen die Sowjet-heerskappy plaasgevind – die eerste betoging van hierdie aard in die Sowjetunie – waarmee die amptelike erkenning van die uitwissing van Armeniërs in Turkye geëis is. In 1968 het Jerewan sy 2 750ste verjaarsdag gevier. Die eerste stasies van Jerewan se moltrein-netwerk is in 1981 geopen.

Onafhanklikheid duimnael|links|Gedurende die Spitsberaad van La Francophonie is 'n Village de la Francophonie opgerig waar belangstellendes meer inligting kon kry oor die kultuur van Franssprekende lande en Armenië. 'n Uitstalling het die betrekkinge tussen La Francophonie en Armeense kunstenaars behandel Ná die ontbinding van die Sowjetunie het Jerewan op 21 September 1991 weer die hoofstad van die onafhanklike Republiek van Armenië geword. Opgradering van die gas- en elektrisiteitsvoorsiening was in die eerste jare van onafhanklikheid een van die stad se knellendste vraagstukke. Dit is eers in 1996 opgelos.

In 2018 was Jerewan die gasheerstad van die XVIIde Spitsberaad van La Francophonie, die Vereniging van Franssprekende Lande.

Ekonomie Yerevan Brandy Company duimnael|Brandewynvate in die kelders van die Yerevan Brandy Company duimnael|'n Glas Ararat-brandewyn uit Jerewan Die geskiedenis van Jerewan se bekende brandewynfabriek gaan terug na 1877 toe die koopman Nerses Tairjanz hier sy wyn- en brandewynfabriek gestig het. In 1899 het hy die onderneming vir 50 000 roebel aan die Russiese koopmansdinastie Sjoestof verkoop. Die Armeense brandewyn is tydens die Paryse wêreldtentoonstelling in 1900 aan die Europese publiek bekend gestel en het by 'n blindproe-kompetisie die Grand Prix of "groot prys" behaal. Verbonde hieraan was die reg om die produk voortaan nie net as brandewyn nie, maar ook amptelik as konjak te bemark.

Die onderneming is kort ná die stigting van die Armeense SSR in 1920 genasionaliseer. In 1948 is die brandewynafdeling as 'n afsonderlike bedryf afgestig en vanaf 1953 in 'n eie fabrieksgebou gehuisves. In die Sowjetunie het die produkte nie-amptelik as "Armeense konjak" bekend gestaan. Terwyl die Franse naam cognac tot brandewyn uit die omgewing van die gelyknamige stad beperk sou word, is in Sowjet-Rusland na alle brandewyn-soorte, wat volgens 'n bepaalde proses gedistilleer is, as konjak verwys. Die Armeense konjak was egter geen nabotsing van die oorspronklike Franse drank nie. Op internasionale markte is die produk as Armenian Brandy bemark.

Naas gewone groothandels-brandewyn woord ook spesiale soorte bemark wat 25, 30, 40 of selfs 70 jaar lank in eikevate gestoor is en pryse van enkele duisend € per bottel behaal.

Ná die onafhanklikwording van Armenië het Jerewan se brandewynfabriek sy monopolie op brandewyn van gehalte verloor. Die onderneming, wat tans 500 mense in diens het, is in 1998 as geslote aandelemaatskappy geprivatiseer en aan die Franse maatskappy Pernod Ricard verkoop. Op westelike markte staan die onderneming, wat sy produkte na 25 lande uitvoer, tans as Yerevan Brandy Company bekend.

Museums en biblioteke Die Matenadaran duimnael|Die Matenadaran duimnael|Die Evangelie van Lasarus dateer van 887