Die dorpie Swinburne is oos van Harrismith en byna op die rand van die Drakensberg-plato. Die area is omring deur pragtige bergwêreld en naby die Van Reenenspas geleë wat die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal vorm. Die N3 nasionale pad gaan langs die dorpie verby. Die dorp was eers Albertinia genoem.Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967 Die Wilgerivier vloei net wes van die dorpie verby.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat