Die dorp Tweeling in die Oos-Vrystaat is tussen Reitz en Frankfort in die Riemland geleë. Die dorp se swart woonbuurt Mafahlaneng, beteken insgelyk "plek van die tweeling". Tweeling is in 1918 gestig op die plase Tweelingspruit en Tweelingkop, en die dorp se naam verwys na twee eenderse koppies in die area. Naby die dorp is die historiese Geloftefeesterrein. Die NG-gemeente het in 1926 van drie aanliggende gemeentes afgestig.

Omgewing Die Liebenbergsvleirivier wat by tye water vanaf die Lesotho-Hoogland-waterprojek na die Vaaldam herlei, loop naby die dorp verby. Tweeling is die halfpadmerk in die jaarlikse Liebensbergvlei-kanomaraton. Die wedvaart van twee dae begin naby Reitz, en die eerste dagskof eindig 33 km stroomaf te Zorgvlietplaas, naby Tweeling. Die tweede skof begin te Bruinswickplaas noord van die dorp en eindig in Frankfort.VKB Liebenbergsvlei canoe marathon , Route & Maps, 2019

Boorlinge Johan Heyns, teoloog Sisi Ntombela, politikus en sesde premier van die Vrystaat

Fotogalery

Sien ook NG gemeente Tweeling Lys van nedersettings in Suid-Afrika

Verwysings

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat