Lisa Bonet (gebore 16 November 1967) is 'n Afro-Amerikaanse aktrise en regisseuse van Joodse afkoms. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Angel Heart (1987), Enemy of the State (1998), en High Fidelity (2000), en die televisiereeks The Cosby Show (1984).

Vroeë lewe Bonet was gebore in San Francisco, Kalifornië as die dogter van Arlene (née Litman), 'n musiekonderwyser, en Allen Bonet, 'n operasanger. Haar pa was vanaf Texas, en haar ma Joods.

Persoonlike lewe Bonet het op 16 November 1987 op haar 20ste verjaardag met Lenny Kravitz in Las Vegas getrou. Bonet het op 1 Desember 1988 aan hul dogter Zoë Kravitz geboorte gegee."Zoe Kravitz. Alternate Name: Zoe Isabella Kravitz" at All Movie Guide via The New York Times Sy en Kravitz het in 1993 geskei.

In 2005 het sy 'n verhouding met die akteur Jason Momoa begin. Alhoewel dit geglo was dat Momoa en Bonet op 15 November 2007 getroud was, het die egpaar dit eers in Oktober 2017 amptelik gemaak. Op 23 Julie 2007 het Bonet aan haar tweede kind, Lola Iolani Momoa, geboorte gegee. Op 15 Desember 2008 het hulle 'n seun genaamd Nakoa-Wolf Manakauapo Namakaeha Momoa gehad.

Filmografie Rolprente 1987: Angel Heart 1993: Bank Robber 199f: Final Combination 1998: Enemy of the State 2000: High Fidelity 2003: Biker Boyz 2006: Whitepaddy 2014: Road to Paloma

Televisiereekse 1983: St. Elsewhere 1984: The Cosby Show 1985: Tales from the Darkside 1987: A Different World

Televisierolprente 1985: Fast Copy 1990: The Cosby Outtakes Show 1994: New Eden 2002: Lathe of Heaven 2006: I Was a Network Star 2009: The Cosby Show: 25th Anniversary Special

Video's 2003: A Century of Black Cinema 2006: The Making of 'Enemy of the State''' 2015: Michael Raymond-James for BulliesKeepOut.com''

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse regisseurs Kategorie:Afro-Amerikaanse Jode Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu