Die koeniebos (Searsia undulata) is 'n boom of struik wat in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap voorkom asook Namibië.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77063305-1http://redlist.sanbi.org/species.php?species=5522-153

Dit is 'n immergroen struik of klein boom wat in halfwoestyn- of karooagtige gebiede gevind kan word. Die takke eindig dikwels in stywe spore en die pinnas is haarloos en dikwels bedek met blink uitsweetstof. Die blare is donkergroen met 'n gelakte glansende uitsig. Hulle is dikwels merkbaar golwend en word in die tradisionele geneeskuns aangewend.Veldgids tot Bome van Suider-Afrika Penguin Random House South Africa, 2013, ,

Die struik bereik 'n hoogte van 3 meter. Hulle kan uit sade verkry en in tuine aangeplant word, maar die temperatuur moet bokant 9 oC bly.

Die boom se FSA-nommer is 389.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

undulata Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika