Prometeus (Grieks: Προμηθεύς) is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is in 1980 (voor 25 Oktober) ontdek op foto's deur Voyager 1 en het die voorlopige naam gekry. Laat in 1985 is dit amptelike genoem na Prometeus , ’n Titaan in die Griekse mitologie. Dit is ook bekend as ..

Eienskappe duimnael|200px|links|’n Video van Prometeus wat met die F-ring bots, materiaal aantrek en ’n donker kanaal agterlaat.

Prometeus is baie lank; dit is sowat 136 x 79 x 59 km groot. Dit het verskeie riwwe en valleie asook ’n paar kraters van sowat 20 km in deursnee. Dit het egter minder kraters as die nabygeleë Pandora, Epimetheus en Janus. Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word dit is ’n baie, poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.

Wisselwerking met die F-ring en ander mane Prometeus is ’n herdersmaan aan die binneste rand van Saturnus se smal F-ring. Pandora wentel net buite die F-ring en is tradisioneel beskou as ’n buitenste herdersmaan van die ring; onlangse studies toon egter net Prometeus hou die ring bymekaar.

Op foto's deur Cassini kan gesien word die maan se swaartekrag vorm kinkels en knope in die F-ring terwyl dit materiaal uit die ring aantrek. Sy wentelbaan lyk chaoties vanweë ’n reeks van vier 121:118 baanresonansies met Pandora. Die duidelikste veranderings in hul wentelbane kom elke sowat 6,2 jaar voor, wanneer Pandora se periapside oplyn met Prometeus se apoapside; dan is hulle sowat 1 400 km van mekaar af. Prometeus is self ’n groot versteurder van die maan Atlas, waarmee dit in ’n 53:54-resonansie is.

Galery

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels Prometheus Profile at [http://solarsystem.nasa.gov Nasa se webtuiste oor die verkenning van die Sonnestelsel The Planetary Society: Prometheus

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mane van Saturnus