101955 Benoe (internasionale naam: 101955 Bennu; voorlopige naam: ) is 'n koolstofryke asteroïed in die Apollogroep wat op 11 September 1999 deur die LINEAR-projek ontdek is. Dit is 'n moontlik gevaarlike voorwerp met die hoogste kumulatiewe gevaarsyfer op die Palermo Technical Impact Hazard Scale.

220px|links|thumb|Animasie wat Benoe se wentelbaan van 2128 tot 2138 om die Aarde wys, onder meer die nabye verbyvlug. Dit het 'n kumulatiewe kans van een uit 1 750 om die Aarde tussen 2178 en 2290 te tref, met die grootste risiko op 24 September 2182. Dit is genoem na Benoe, die mitologiese voël van antieke Egipte wat met die Son, skepping en hergeboorte verbind is.

het 'n gemiddelde deursnee van 490 m en is die eerste keer deeglik ondersoek deur die Arecibo-sterrewag en die Goldstone-diepruimtenetwerk.

Benoe was die teiken van die OSIRIS-REx-sending wat monsters van die asteroïed na die Aarde teruggebring het. Die ruimtetuig, wat in September 2016 gelanseer is, het twee jaar later by die asteroïed aangekom en sy oppervlak deeglik gekarteer, terwyl dit moontlike gebiede gesoek het waar monsters geneem kon word. 'n Ontleding van sy wentelbaan het meegebring dat Benoe se massa en die verspreiding daarvan bepaal kon word.

In Oktober 2020 het OSIRIS-REx vir 'n kort rukkie geland en 'n monster van die oppervlak geneem. 'n Kapsule met die monster het na die Aarde teruggekeer en in September 2023 geland. Die verspreiding en ontleding van die monster duur voort.

Fisiese eienskappe thumb|'n Animasie van Benoe wat roteer, in Desember 2018 afgeneem deur OSIRIS-REx.|220px|links thumb|links|220px|Beelde wat Benoe se noordelike halfrond wys (geneem sowat 1,8 km van die oppervlak af).

Benoe het 'n rofweg ovaal vorm en lyk soos 'n draaitol. Sy draaias hel teen 'n hoek van 178 grade teenoor sy wentelbaan. Die rotasierigting om sy as is retrograad met betrekking tot sy wentelbaan. Terwyl die aanvanklike grondgebaseerde radarwaarnemings aangedui het dat Benoe 'n taamlik gladde vorm het, met een prominente rots van 10-20 m breed op sy oppervlak, het hoëresolusiedata van OSIRIS-REx onthul die oppervlak is veel rowwer, met meer as 200 rotse met 'n deursnee van meer as 10 m op sy oppervlak. Die grootste een het 'n deursnee van 58 m.

Daar is 'n groot rif al met Benoe se ewenaar langs. Dit dui daarop dat fyn regolietdeeltjies in dié gebied opgehoop het, moontlik vanweë sy klein swaartekrag en vinnige rotasie (omtrent een keer elke 4,3 uur). Waarnemings deur OSIRIS-REx het gewys Benoe tol mettertyd al hoe vinniger. Weens die onegalige uitstuur van termiese straling van sy oppervlak af terwyl Benoe in die sonlig roteer, neem die liggaam se rotasieperiode af met omtrent 'n sekonde elke 100 jaar.

Volgens waarnemings deur die Spitzer-ruimteteleskoop in 2007 het Benoe 'n deursnee van , wat met ander studies ooreenstem. Dit het 'n lae sigbare geometriese albedo van .

Astrometriese waarnemings tussen 1999 en 2013 het getoon die liggaam word deur die Jarkofski-effek beïnvloed, en dit veroorsaak dat die halwe lengteas van sy wentelbaan gemiddeld  meter per jaar skuif. Ontledings van die swaartekrag- en termiese effekte dui aan die digtheid is  kg/m3, wat net effens digter as water is. Daarom is die voorspelde makroporositeit %, wat waarskynlik is omdat die binnekant 'n stapelstruktuur het of selfs hol is.

Benoe se geraamde massa is sowat .

thumb|220px|’n Foto van die landingsterrein Nightingale wat OSIRIS-REx net ná sy landing geneem het. Fotometrie en polarimetrie Fotometriese waarnemings van Benoe in 2005 toon 'n sinodiese rotasieperiode van . Dit word geklassifiseer as 'n B-tipe, wat 'n onderkategorie van 'n koolstofryke asteroïed is.

Polarimetriese waarnemings wys Benoe behoort tot die seldsame F-subklas van koolstofryke asteroïede, wat gewoonlik met komeetagtige eienskappe verbind word.

Water Volgens Dante Lauretta, OSIRIS-REx se hoofondersoeker, "lyk dit of Benoe 'n baie waterryke teiken is, en water is die interessantste en dalk die voordeligste produk wat 'n mens op 'n asteroïed kan myn". Voorlopige spektroskopiese opnames van die asteroïed se oppervlak deur OSIRIS-REx het magnetiet en die meteoriet-asteroïed-verbintenis bespeur,All About Bennu: A Rubble Pile with a Lot of Surprises. Kimberly M.S. Cartier, EOS Planetary Sciences. 21 March 2019. "In terms of spectra and minerology, Bennu's rocks 'look a lot like the rarest, most fragile meteorites in our collection,' Lauretta said, referring to the CM carbonaceous chondrites" wat oorheers word deur fillosilikate. Fillosilikate bevat water.

Benoe se waterspektrums was met OSIRIS-REx se nadering al bespeurbaar, en is bevestig toe dit in 'n wentelbaan was. Uit die tuig se waarnemings is 'n raming van sowat 7 x 108 kg water in een vorm alleenlik gedoen, sonder inagneming van ander soorte. Dit dui op holtes met water onder Benoe se regoliet.

Aktiwiteit Benoe is 'n aktiewe asteroïed, wat sporadies pluime deeltjies en klippe tot so groot as 10 cm breed wegskiet (deeltjies groter as stof, wat as tiene mikrometers groot gedefinieer word). Die hipotese is dat die verskynsel kan gebeur venweë termiese breking, die vrystelling van vlugtige stowwe deur die dehidrasie van fillosilikate, holtes met water onder die oppervlak en/of botsings teen meteoroïede.

Voor die aankoms van OSIRIS-REx het Benoe polarisasie getoon wat ooreenstem met dié van komeet Hale-Bopp en 3200 Phaethon, 'n rotskomeet. Benoe, Phaethon en onaktiewe Manx-komete is voorbeelde van aktiewe asteroïede. Sec. 4.3 Dormancy and Rejuvenation As die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) besluit om 'n dubbele status aan Benoe toe te ken, sal sy komeetnaam P/ (LINEAR) wees.

thumb|190px|Benoe se oppervlak wat met regoliet bedek is, soos deur OSIRIS-REx afgeneem. Oppervlakverskynsels Alle geologiese verskynsels op Benoe is genoem na voëls van verskeie spesies en voëlagtige mitologiese figure. Die eerste verskynsels wat name gekry het, was die finale vier kandidate vir die neem van monsters deur OSIRIS-REx. Hulle het in Augustus 2019 nieamptelike name gekry. Op 6 Maart 2020 het die IAU die eerste amptelike name bekend gemaak vir 12 van Benoe se oppervlakverskynsels, insluitende streke (breë geografiese streke), kraters, riwwe, slote en rotse.

Ontledings het gewys die deeltjies wat Benoe se buitekant uitmaak, is los gepak en net liggies aan mekaar verbind: "Die ruimtetuig sou tot binne-in Benoe gesak het as dit nie sy korreksievuurpyle gebruik het om dadelik terug te trek nadat dit stof en rotse van die oppervlak verwyder het nie." Ontledings het ook gewys die Son se hitte breek rotse op Benoe in net 10 000 tot 100 000 jaar op en nie miljoene jare soos voorheen geglo is nie.

Kandidaatterreine vir monsters Naam Ligging Beskrywing Nightingale 56°N 43°O Vol fyn materiaal in 'n groot verskeidenheid kleure. Primêre monsterterrein. Kingfisher 11°N 56°O 'n Relatief nuwe krater met die meeste waterinhoud van die vier terreine. Osprey 11°N 80°O Geleë op 'n deel met 'n lae albedo en 'n groot verskeidenheid rotse. Sandpiper 47°S 322°O Geleë tusen twee jong kraters, op 'n rowwe terrein. Minerale verskil in helderheid, met tekens van gehidreerde minerale.

Op 12 Desember 2019, ná 'n jaar van die kartering van Benoe se oppervlak, is 'n teikenterrein aangekondig met die naam Nightingale. Die gebied lê naby Benoe se noordpool en in 'n klein krater binne 'n groter krater. thumb|senter|700px|Die finale vier kandidaatterreine vir monsters.

Verskynsels met IAU-name + Lys van amptelike IAU-name op Benoe se oppervlak Naam Genoem na Ligging Aellopus Saxum Aillo, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is 25.44°N 335.67°O Aetos Saxum Aitos, 'n speelmaat uit die god Zeus se kinderjare wat in 'n voël verander is, uit die Griekse mitologie 3.46°N 150.36°O Amihan Saxum Amihan, 'n voëlgod uit die Filippynse mitologie 17.96°S 256.51°O Benben Saxum Benben, antieke Egipte se oerheuwel wat uit die oerwaters verrys het 45.86°S 127.59°O Boobrie Saxum Boobrie, 'n vormveranderende entiteit uit die Skotse mitologie wat dikwels die vorm van 'n reusewatervoël aanneem 48.08°N 214.28°O Camulatz Saxum Camulatz, een van vier voëls in die volk K'iche' se skeppingsmite (Maja-mitologie) 10.26°S 259.65°O Celaeno Saxum Kelaino, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is 18.42°N 335.23°O Ciinkwia Saxum Ciinkwia, donderwesens uit die Amerikaanse Algonkin-volk se mitologie wat soos reusearende lyk 4.97°S 249.47°O Dodo Saxum Dodo, 'n dodo-voëlkarakter uit Alice se avonture in Wonderland 32.68°S 64.42°O Gamayun Saxum Gamajoen, 'n profetiese voël uit die Slawiese mitologie 9.86°N 105.45°O Gargoyle Saxum 'n Suierfiguur, 'n draakagtige figuur met vlerke 4.59°N 92.48°O Gullinkambi Saxum Gullinkambi, 'n haan uit die Noorse mitologie wat in Walhalla woon 18.53°N 17.96°O Huginn Saxum Huginn, een van twee rawe wat die god Odin in die Noorse mitologie vergesel 29.77°S 43.25°O Kongamato Saxum Kongamato, 'n reusagtige vlieënde wese uit die Kaonde-mitologie 5.03°N 66.31°O Muninn Saxum Muninn, een van twee rawe wat die god Odin in die Noorse mitologie vergesel 29.34°S 48.68°O Ocypete Saxum Okupeto, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is 25.09°N 328.25°O Odette Saxum Odette, 'n prinses wat in 'n swaan verander (Swanemeer) 44.86°S 291.08°O Odile Saxum Odile, die swart swaan van Swanemeer 42.74°S 294.08°O Pouakai Saxum Poukai, 'n monsteragtige voël uit die Maori-mitologie 40.45°S 166.75°O Roc Saxum Roc, 'n reuseroofvoël uit die Arabiese mitologie 23.46°S 25.36°O Simurgh Saxum Simurgh, 'n welwillende voël wat oor alle kennis beskik uit die Iranse mitologie 25.32°S 4.05°O Strix Saxum Strix, 'n voël van slegte geluk uit die Klassieke mitologie 13.40°N 88.26°O Thorondor Saxum Thorondor, koning van die arende in Tolkien se Middle-earth 47.94°S 45.10°O Tlanuwa Regio Tlanuwa, reusevoëls uit die Cherokee-mitologie 37.86°S 261.70°O

senter|thumb|600px|'n Kaart van Benoe met die ligging van die oppervlakverskynsels waarvoor die IAU name gegee het.

Oorsprong en evolusie Die koolstofagtige materiaal waaruit Benoe saamgestel is, het oorspronklik gekom van die opbreking van 'n veel groter moederliggaam – 'n planetoïed of 'n protoplaneet. Maar soos byna alle materie in die Sonnestelsel is die oorsprong van sy minerale en atome sterwende sterre soos rooireuse en supernovas. Volgens die akkresieteorie het dié materiaal 4,5 miljard jaar gelede saamgekoek tydens die vorming van die Sonnestelsel.

Benoe se basiese mineralogie en chemiese aard sou in die eerste 10 miljoen jaar van die Sonnestelsel se vorming gevestig gewees het, toe die koolstofryke materiaal geologiese verhitting en chemiese transformasie in komplekser minerale ondergaan het in 'n veel groter planetoïed of 'n protoplaneet met die nodige druk, hitte en hidrasie (indien nodig). Benoe het moontlik in die binneste asteroïedgordel ontstaan as 'n fragment van 'n groter liggaam met 'n deursnee van 100 km. Volgens simulasies is daar 'n kans van 70% dat dit van die Polana-familie kom en 30% dat dit van die Eulalia-familie kom. Impaktors op rotse van Benoe dui daarop dat Benoe 1-2,5 miljoen jaar 'n nabyaardevoorwerp was (afgesonder van die asterïedgordel).

Eindelik het die wentelbaan geskuif as gevolg van die Jarkofski-effek en wentelresonansies met die reuseplanete, soos Jupiter en Saturnus. Verskeie interaksies met die planete saam met die Jarkofski-effek het die asteroïed verander: moontlik sy tolling, vorm en oppervlakverskynsels.

Cellino et al. het 'n moontlike komeetagtige oosprong vir Benoe voorgestel, geskoei op ooreenkomste van sy spektroskopiese eienskappe met dié van bekende komete. Die geraamde deel van komete onder die nabyaardevoorwerpe is . Dit sluit die rotskomeet 3200 Phaethon in, wat as 'n asteroïed ontdek is en steeds 'n asteroïednaam het.

260px|thumb|'n Diagram van die wentelbane van Benoe en die binneste planete om die Son. Wentelbaan