Atlas is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is voor 12 November 1980 deur Richard Terrile ontdek op Voyager-foto's en het die voorlopige naam gekry. In 1983 is dit amptelik genoem na Atlas uit die Griekse mitologie omdat dit "die ringe op sy skouers hou", nes die Titaan Atlas die lug bo die aarde opgehou het. Dit is ook bekend as .
Atlas is die naaste maan aan die skerp buiterand van Saturnus se A-ring en daar is lank geglo dit is ’n herdersmaan van dié ring. Dit is egter nou bekend die buiterand van die ring word onderhou deur ’n 7:6-baanresonansie met die groter maar verder geleë mane Janus en Epimetheus. In 2004 is ’n dowwe, dun ring met die voorlopige naam in Atlas se wentelbaan ontdek.
Eienskappe Hoëresolusiefoto's wat in Junie 2005 deur Cassini geneem is, het onthul dat Atlas ’n rofweg sferiese middel het omring deur ’n groot, gladde ekwatoriale rif. Die waarskynlikste verduideliking vir hierdie ongewone struktuur is dat die ringmateriaal wat die maan aantrek, op die maan versamel – met ’n sterk voorkeur vir die ewenaar omdat die ring so dun is. Die grootte van die rif kan vergelyk word met die vermoedelike Roche-lob van die maan. Dit sal beteken dat enige bykomende materiaal wat op die ewenaar saampak verlore sal gaan omdat die middelpuntvliedende krag Atlas se klein swaartekrag sal oorkom.
Atlas word aansienlik deur Prometheus versteur, en in ’n mindere mate deur Pandora. Omdat dié twee mane se wentelbane chaoties is, word vermoed Atlas s’n is ook dalk.
Galery
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels Atlas by Nasa se Solar System Exploration The Planetary Society: Atlas
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mane van Saturnus