Cordelia is die heel binneste bekende maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 7 gekry. Die naam "Cordelia" kom van die jongste dogter van Lear in William Shakespeare se Koning Lear. Dit is ook bekend as Uranus VI.

Beskrywing Cordelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 1997 waargeneem het nie. Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan, radius van 20 km en geometriese albedo van 0,08. Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.

Cordelia is die binneste herdersmaan vir Uranus se ε-ring. Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede. Cordelia is baie na aan ’n 5:3-baanresonansie met die maan Rosalind.

Verwysings

Eksterne skakels Cordelia by Nasa se Solar System Exploration Uranus' Known Satellites (deur Scott S. Sheppard) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mane van Uranus