Ophelia is ’n maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 8 gekry. Die naam "Ophelia" kom van die dogter van Polonius in William Shakespeare se Hamlet. Dit is ook bekend as Uranus VII.
Beskrywing Ophelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 2003 waargeneem het nie. Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan, radius van 21 km en geometriese albedo van 0,08. Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.
Ophelia is die buitenste herdersmaan vir Uranus se ε-ring. Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede.
Verwysings
Eksterne skakels Ophelia by Nasa se Solar System Exploration Uranus' Known Satellites (deur Scott S. Sheppard) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mane van Uranus