Agrippina die jongere (Latyn: Julia Agrippina; 6 November 15 n.C. – 23 Maart 59 n.C.), ook na verwys as Agrippina Minor (Minor, wat Latyn is vir "die jongere") (redd.), Prosopographia Imperii Romani saeculi I, II et III (PIR), Berlyn, 1933 – I 641 was 'n Romeinse keiserin en een van die meer prominente vroue in die Julio-Claudiese dinastie. Haar pa was naamlik Germanicus, 'n gewilde generaal en aangewese opvolger van keiser Tiberius; en haar ma was Agrippina die ouere, 'n kleindogter van die eerste Romeinse keiser Augustus. Sy was ook die jonger suster van Caligula, sowel as die niggie en vierde vrou van Claudius.
Antieke sowel as moderne bronne teken Agrippina se persoonlikheid as genadeloos, ambisieus, gewelddadig en dominerend. Fisies was sy 'n pragtige en betroubare vrou; en volgens Plinius die ouere het het sy in haar regter-bokaak 'n dubbele oogtand gehad, wat destyds as 'n teken van goeie geluk gesien is. Baie antieke historici beskuldig Agrippina van die vergiftiging van haar man Claudius, alhoewel akademiese opinies wissel.Tacitus, Annale XII.66; Cassius Dio, Romeinse Geskiedenis LXI.34; Suetonius, Die Lewens van die Twaalf Keisers, Lewe van Claudius 44; Josephus is minder seker, Josephus, Oudhede van die Jode XX.8.1 Agrippina is in 59 op die bevel van haar seun, die keiser Nero, om die lewe gebring.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 10 v.C. Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Sterftes in 54