duimnael|200px|Prometheus (regs) en Pandora wentel albei naby Saturnus se F-ring, maar vermoedelik is net Prometheus ’n herdersmaan. duimnael|200px|Werking van ’n herdersmaan: Deeltjies lê voor en agter die maan in sy wentelbaan, en hulle word óf versnel in die rigting van die maan en na buite gewerp óf vertraag en na binne gewerp.

’n Herdersmaan is ’n klein natuurlike satelliet wat ’n gaping in die materiaal van ’n planetêre ring veroorsaak of deeltjies in ’n ring bymekaarhou. Die naam kom van die feit dat die maan soos ’n “herder” of “veewagter” vir die deeltjies optree.

Vanweë hul swaartekraguitwerking werp herdersmane deeltjies uit hul oorspronklike wentelbaan deur wentelresonansies. Dit veroorsaak gapings in die ringstelsel, soos die treffende Cassini-verdeling in Saturnus se ringe, asook ander tipiese verskynsels soos verwringings.

Voorbeelde Twee van Jupiter se klein binneste mane, Metis en Adrastea, lê binne Jupiter se ringe en ook binne die planeet se Rochelimiet. Dit is moontlik dat dié ringe saamgestel is uit materiaal wat van dié twee liggame getrek word deur Jupiter se getykragte, aangehelp deur botsings van ringmateriaal teen hul oppervlakke.

Saturnus se ingewikkelde ringstelsel het verskeie sulke satelliete. Dit sluit in Prometheus (F-ring), Daphnis (Keeler-gaping), Pan (Encke-gaping), Janus en Epimetheus (albei A-ring).

Uranus het ook herdersmane in sy ε-ring, Cordelia en Ophelia. Hulle is onderskeidelik binneste en buitenste herdersmane. Albei is binne Uranus se sinchroniese wentelradius en hul wentelbane neem dus stadig af weens getyvertraging.

Neptunus se ringe is baie ongewoon omdat hulle van die Aarde af eers soos onvoltooide boë gelyk het, maar volgens foto’s deur Voyager 2 voltooide ringe met helder opeenhopings blyk te wees. Dit lyk of die swaartekraginvloed van die herdersmaan Galatea en moontlik ’n ander, nog onbekende herdersmaan vir die opeenhopings verantwoordelik is.

Sien ook Kirkwoodgaping Maanmaan

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Natuurlike satelliete Kategorie:Planetêre ringe