Pan (Grieks: Πάν) is die heel binneste maan van Saturnus met ’n naam. Dit is ’n klein voorwerp met die vorm van ’n okkerneut. Dit is sowat 35 km lank en 23 km breed, en kom voor in die Encke-gaping in Saturnus se A-ring. Pan is ’n herdersmaan en hou die Encke-gaping skoon van materiaal.

Dit is in 1990 deur M.R. Showalter ontdek toe hy ou foto's van Voyager 2 bestudeer het; dit het die voorlopige naam gekry omdat die ontdekkingsfoto's van 1981 dateer het.IAUC 5052: Saturn 16 Julie 1990 (ontdekking)

Voorspelling en ontdekking Die bestaan van ’n maan in die Encke-gaping is in 1985 die eerste keer deur Jeffrey N. Cuzzi en Jeffrey D. Scargle voorspel gebaseer op die golwende kante van die gaping, wat dui op ’n swaartekragversteuring.Cuzzi, J. N. en Scargle, J. D.; Wavy Edges Suggest Moonlet in Encke's Gap, Astrophysical Journal, Vol. 292 (1 Mei 1985), pp. 276–290 In 1986 het Showalter et al. sy wentelbaan en massa bepaal en albei 133 603 ± 10 km gekry vir die halwe lengteas en 5–10 Saturnusmassas vir die massa. Daarvan het hulle afgelei daar is net een maan in die Encke-gaping. Die werklike halwe lengteas verskil met 19 km en die werklike massa is 8,6 Saturnusmassas.

Die maan is later ontdek binne een graad van die voorspelde posisie. Die soektog is uitgevoer deur alle Voyager 2-foto's te bestudeer en ’n rekenaarberekening te gebruik om te voorspel onder watter omstandighede die maan sigbaar sou wees. Elke foto met ’n resolusie van beter as ~50 km/pieksel het Pan duidelik gewys. Dit kan op altesaam 11 Voyager 2-foto's gesien word.

Naam duimnael|links|220px|Pan, soos dit op 7 Maart 2017 deur Cassini afgeneem is. Die ekwatoriale rif is duidelik sigbaar.

Die maan is op 16 September 1991 genoem naIAUC 5347: Satellites of Saturn and Neptune 1991 September 16 (naming the moon) die mitologiese Pan, wat onder andere die god van herders was. Dit is ’n verwysing na die maan Pan se rol as ’n herdersmaan. Dit word ook genoem.

Wentelbaan Die eksentrisiteit van Pan se wentelbaan bring mee dat sy afstand van Saturnus met ~4 km wissel. Sy baanhelling, wat sal veroorsaak dat dit op en af beweeg, is met huidige data nie te onderskei van nul nie. Die Encke-gaping, waarin Pan voorkom, is 325 km breed.

Vorm Wetenskaplikes beskryf Pan as okkerneutvormig "PIA08320: Cruising with Pan", Planetary Photojournal. na aanleiding van die ekwatoriale rif wat op foto's sigbaar is. Dit word gevorm deur ringmateriaal wat Pan uit die Encke-gaping vergader het. Dit is ook al as ’n ravioli beskryf.

Verwysings

Eksterne skakels Pan Profile by NASA's Solar System Exploration The Planetary Society: Pan

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mane van Saturnus