Half Price is 'n punk rock orkes van Kaapstad, Suid-Afrika gestig in 2001. Hulle word geïdentifiseer deur energieke optredes en het al 3 vollengte-albums, twee EPs, en 'n samestelling-album vrygestel sedert hul ontstaan. Die groep was heeltemal onafhanklike en al hul musiek self gepubliseer tot 2016 wanneer hulle die eerste Suid-Afrikaanse punk-orkes was om te teken met 'n Amerikaanse digitale plate etiket, Punk Outlaw Records. Hulle is een van die oudste punk orkeste in Suid-Afrika, met berugte impak op Suid-Afrikaanse se alternatiewe orkeste.
Geskiedenis Half Price was gevorm deur Homo Pete en Die DFG in 2001 as 'n punk rock musiekgroep. Half Price speel 'n unieke vorm van dronk punk, 'n mengsel van punk rock, ska & reggae. Hulle dra die sarkastiese leitmotief van musiek gemaak vir mense wat lief is om te kuier. Hulle is berug vir naak wees op die verhoog.
Hulle is verban uit drie Kaapstad kuierplekke vir hul dronk gedrag.
Hulle het by talle vertonings en feeste regoor Suid-Afrika opgetree, sowel as vier keer getoer in Europa. Hulle het Europa vir die eerste keer in 2005 getoer, en toe in 2006, 2008 en 2013. Half Price het al die verhoog gedeel mete vele bekende punk-orkeste.
Op The Monotony of Monogamy, het Half Price 'n liedjie genaamd "Soccer 2010", oor die 2010 FIFA Wêreldbeker-Sokkertoernooi.
Straight Outta South Africa is 'n samestelling-album wat digitaal vrygestel was onder Punk Outlaw Records in 2016.
In 2018 het hulle 'n album gedeel met Alive at Midnight, nog 'n punk orkes van Kaapstad.
Lede
Homo Pete - voorsang en kitaar Die DFG - Koor en bass Emo Mawk - Kitaar Kyle die Masjien - Tromme
Diskografie
Ateljeealbums
Taking Life Seriously (2004) Banned (2006) The Monotony of Monogamy (2010)
Samestelling albums
Straight Outta South Africa (2016)
EPs
Bush, Bin Laden & My Mom's Nought (2003) Programmed to Party (2013)
Verdeelde albums
So Hard it Hurts split with Alive at Midnight (2018) Split Personalities (2024) - split EP with Mean Girls
Musiek videos
Taking Life Seriously Suicide Bomber
Eksterne skakels
Half Price op Facebook Half Price op YouTube Half Price Webwerf Half Price op Bandcamp
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe