Dafnis (Grieks: Δάφνις) is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is ook bekend as ; sy voorlopige naam was .Martinez, C. en Dyches, P.; Cassini-Huygens: Cassini Finds New Saturn Moon That Makes Waves 10 Mei 2005 Dafnis is sowat 8 km in deursnee en kom voor in die Keeler-gaping in Saturnus se A-ring.
Naam Die maan is in 2006 genoem na Dafnis, ’n herderin en digteres in die Griekse mitologie;IAUC 8730: Saturn XXXV (Daphnis) (naming the moon) hy was ’n afstammeling van die Titane, na wie Saturnus se grootste maan genoem is. Dafnis en Pan, die enigste ander herdersmaan in Saturnus se hoofringe, is albei na mitologiese figure genoem wat met herders verbind word.
Ontdekking duimnael|links|Dafnis is in 2005 die eerste keer op ’n Cassini-foto gesien. Die swaartekragrimpels aan die kant van die ringe, waaruit die maan se bestaan afgelei is, is duidelik sigbaar.NASA/JPL/Space Science Institute, "Wavemaker Moon" (2005-05-10)
Voordat Dafnis afgeneem is, is die maan se posisie reeds afgelei van swaartekragrimpels wat aan die buitekant van die Keeler-gaping waargeneem is. Die maan is op 6 Mei 2005 deur die Cassini Imaging Science Team ontdek. Die ontdekkingsfoto's is op 1 Mei van dié jaar deur die Cassini-ruimtetuig geneem. Die maan is daarna gevind op 32 foto's wat op 13 April en 2 Mei van die F-ring geneem is.
Wentelbaan Die helling en eksentrisiteit van Dafnis se wentelbaan is baie klein, maar nie nul nie. Albei is aansienlik groter as dié van Pan (die groter maan wat die Encke-gaping veroorsaak). Die Keeler-gaping, waarbinne Dafnis voorkom, is sowat 42 km breed.
Uitwerking op Saturnus se ringe Terwyl Dafnis om Saturnus wentel, veroorsaak dit swaartekragrimpels aan die kant van die Keeler-gaping: Ringdeeltjies word deur die maan aangetrek en val dan terug in die rigting van die ring. Die golwe wat die maan aan die binnekant van die gaping maak, beweeg voor dit uit in sy wentelbaan en dié aan die buitekant volg op sy wentelbaan, vanweë die verskil in relatiewe wentelspoed.
Eienskappe Op 18 Januarie 2017 is Dafnis van naby genoeg afgeneem sodat sy vorm duidelik sigbaar was. Dit het ’n onreëlmatige vorm, ’n hoofsaaklik gladde oppervlak, ’n paar kraters en ’n ekwatoriale rif.
Verwysings
Eksterne skakels
Foto's van Daphnis by CICLOPS
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mane van Saturnus