Borsele (Seeus: Bossele) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zeeland, met 'n bevolking van 23 000 in 2018 en 'n oppervlakte van 195 km².
Die munisipaliteit is in 1970 gestig en die bestuurlike sentrum is in Heinkenszand.
Borsele is op die skiereiland Zuid-Beveland geleë en grens aan die Westerschelde.
In die munisipale gebied is een van die twee Nederlandse kernkragsentrales gevestig, te weet die Kernkragsentrale Borssele.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Borsele:
Baarland Baarsdorp Bakendorp Borssele De Zak Driewegen Ellewoutsdijk Graszode 's-Gravenpolder 's-Heer Abtskerke 's-Heerenhoek Heinkenszand Het Oudeland Hoedekenskerke Knaphof Koekoek Kwadendamme Langeweegje Lewedorp Nieuwdorp Nisse Oudelande Ovezande Rijkebuurt Scheldeoord Sinoutskerke 't Vlaandertje
Naburige munisipaliteite
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit