Die Bumespruit is 'n spruit in die Krugerwildtuin wat in die Krokodilrivier uitmond in Mpumalanga in Suid-Afrika. Dit vloei tussen die Mbiyamitirivier in die weste en Vurhamispruit in die ooste, albei ook linkersytakke van die Krokodil. Bume is 'n Swaziwoord wat "regopstaande" beteken.Van der Wateren, Floors: Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park, bladsy 9, April 2018
Die spruit ontspring suid van Siyalukop (341 m) in die suidelike Krugerwildtuin, vanwaar dit suidooswaarts vloei tot op die suidgrens van die wildtuin. Net 4 km stroomop van Marlothpark vloei dit met die Krokodilrivier saam. Mpondodam is in een van die bolope geleë. Die Bumepad (S26) is 'n sandpad wat die loop van die spruit vir sowat 22 km volg. Die spruit word oorgesteek deur die S102 by Buffeldorings-watergat en die Mpondodam, die S108 by Gayisenga-watergat, en laastens deur die Krokodilrivierpad (S25).
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Krokodilrivier (Mpumalanga) Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Krugerwildtuin