Pandeglang is 'n regentskap van die Indonesiese provinsie Banten. Dit is hoofsaaklik op die eiland Java geleë. Die regentskap het 'n oppervlakte van 2 746,9 km² en volgens die volkstelling van 2010 het dit 1 145 792 inwoners gehad. Die regentskap sluit ook ander eilande soos Panaitan, Deli en Tinjil in. Die hoofstad het dieselfde naam: Pandeglang.

Distrikte Die regentskap is verdeel in 35 kecamatan of distrikte. Hulle is verder verdeel in 335 dorpe:

Sumur Cimanggu Cibaliung Cibitung Cikeusik Cigeulis Panimbang Sobang Munjul

Angsana Sindangresmi Picung Bojong Saketi Cisata Pagelaran Patia Sukaresmi

Labuan Carita Jiput Cikedal Menes Pulosari Mandalawangi Cimanuk Cipeucang

Banjar Kaduhejo Mekarjaya Pandeglang Majasari Cadasari Karangtanjung Koroncong

Toerisme Die regenskap spog met 'n nasionale park wat Ujong Kulon heet en die enigste plek in die wêreld is waar nog Javaanse renosters leef. Die kus trek ook toeriste soos die strande van Carita, Tanjung Lesung en Bodur.

Spesiale Ekonomiese Gebied Volgens die verordening No. 26/2012 is in Tanjung Lesung 'n spesiale gebied vir ekonomiese ontwikkeling gestig. Dit is 170 km van Jakarta geleë.

Geskiedenis In hierdie gebied is die eerste koninkryk op Java waaroor uit Chinese en Indiese bronne inligting bestaan gevestig. Dit was die Salakanagara- of Rajatapura-ryk in Teluk Lada. Die ryk se stigter Dewawarman kom van Pallava in Indië, maar trou met 'n plaaslike prinses Aki Luhur Sang Mulya. Salakanagara het van ongeveer 150 tot 358 bestaan.Java Essay: The History and Culture of a Southern Country Troubador Publishing Ltd, 2017, ,

Eksterne Skakels

Official Site

Verwysings

Kategorie:Regentskappe van Indonesië