Die British Aircraft Corporation TSR-2 was 'n bomwerper wat ontwerp is vir taktiese bombardering; aanvanklik ontwerp om die Canberra te vervang. Die projek is egter in 1965 gekanselleer, 'n kontroversiële besluit. Vir sommige was dit die doodsteek vir die Britse lugvaartindustrie wat op daardie tyd reeds onder druk was.

Spesifikasie Die TSR-2 (Tactical Strike and Reconnaissance) was aanvanklik ontwerp na aanleding van 'n 1957 Britse Lugmagspesifikasie vir die vervanging van die Canberra taktiese bomwerper. Dit moes ook oor terreinvolg radar en gevorderde navigasie beskik asook teen supersoniese snelheid op lae hoogtes en op hoë hoogtes teen Mach 2 kan vlieg. Laastens moes dit van kort, robuuste vliegvelde kon opstyg.

Die ontwerp is voortdurend aangepas soos die vliegtuig ontwikkel het, tewens nuwe lugvaartstelsels moes ontwerp word vir die vliegtuig. Die stelsels was nuut vir die Britse lugvaartindustrie. Die vliegtuig was langer as die Avro Lancaster maar met 'n kleiner vlerkspan as die Spitfire. Die kort vlerke was nodig om teen supersoniese snelhede op lae hoogtes te kon vlieg. Dit het egter 'n probleem geskep om vanaf kort aanloopbane op te styg.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die BAC TSR-2: Item Statistiek Aantal motors 2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Bristol Siddeley Olympus turbostralers Kraglewering per motor 14 982 kg stukrag Vlerkspan11,28 m Lengte27,13 m Hoogte7,32 m Vlerkoppervlakte65,03 m2 Maks. opstygmassa188 000 kg Maks. snelheid2 390 km/h Operasionele hoogte 17 080m Togafstand 4 827km Klimvermoë 15 250 m per minuut Bewapening Tot 1 816 kg wapens onder die vlerkeontwerpte bomvrag van 2 724 kg

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Bomwerpers