Romanos III Argyros (Grieks: Ρωμανός Γ΄ Αργυρός; 968 – 11 April 1034) was van 15 November 1028 tot met sy dood keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was ’n 60-jarige Bisantynse edelman en senior offisier in Konstantinopel toe die sterwende Konstantyn VIII hom dwing om van sy vrou te skei en met die keiser se 50-jarige dogter, Zoë, te trou. Ná Konstantyn se dood drie dae later het Romanos keiser geword.
Bewind Romanos is beskryf as ’n goed bedoelende, maar ondoeltreffende heerser. Hy het die belastingstelsel deurmekaargekrap en die weermag ondermyn. Hy het persoonlik ’n rampspoedige veldtog teen Aleppo aangevoer. Hy het met sy vrou vasgesit en twee pogings om sy bewind oor te neem onderdruk, insluitende twee waarby sy skoonsuster Theodora Porphyrogenita betrokke was. Sy is daarna na ’n klooster gestuur.
Romanos het groot bedrae bestee aan die bou en herstel van kerke en kloosters. Hy is ná ses jaar op die troon dood, na bewering deur sy vrou vergigtig, en is opgevolg deur sy vrou se jong minnaar, Michael IV.Norwich, pg. 279
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 968 Kategorie:Sterftes in 1034