Michael IV the Paflagoniër (Grieks: Μιχαὴλ (Δ´) ὁ Παφλαγών; 1010 – 10 Desember 1041) was van 11 April 1034 tot met sy dood op 10 Desember 1041 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die seun van ’n kleinboer en het die oog van keiserin Zoë Porphyrogenita gevang toe hy aan die hof begin werk.Norwich, pg. 283Finlay, pg. 477Kazhdan, pg. 1365 Hulle het ’n verhouding begin en saamgespan om haar man, keiser Romanos III Argyros, te vermoor. Hy is in 1034 sterwend in sy bad aangetref.Kazhdan, pg. 2228 Sommige glo hy is in opdrag van Michael verdrink.Kazhdan, pg. 278 Michael en Zoë is op dieselfde dag getroud waarop Romanos dood is en Michael is die volgende dag as keiser gekroon.Treadgold, pg. 586Finlay, pg. 478

Bewind Michael, wat aantreklik en energiek was, het aan epilepsie gely en sy broer Johannes, wat reeds onder Konstantyn VIII en Romanos III ’n minister was,Finlay, pg. 480Norwich, pg. 287 het in ’n groot mate namens hom regeer. Johannes se monopolie van die regering en instelling van ongewilde belastings het tot verskeie sameswerings teen hom en Michael gelei.Kazhdan, pg. 1365 Swak oeste en hongersnood weens gure weer en ’n sprinkaanplaag in 1035 het tot verdere ontevredenheid bygedra.

Michael het Zoë nie vertrou nie en het seker gemaak hy kom nie dieselfde as sy voorganger oor nie. Sy bewind het gemengde resultate gehad. Sy grootste oomblik was in 1041 toe hy die weermag teen Bulgaarse rebelle aangevoer het. Hy het triomfantelik teruggekeer, maar is ’n paar maande later dood. Hy is opgevolg deur sy susterskind, Michael V.Norwich, pg. 289, 292Kazhdan, pg. 1365, 2228Treadgold, pg. 587-89

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 1010 Kategorie:Sterftes in 1041