Die Houtvark (乙亥, yǐhài) is die 12de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, yǐ) – die element Hout en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtvarkjaar het in 1995 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 31 Januarie 1995 tot 18 Februarie 1996.

Houtvarkjare

Die volgende jare is Houtvarkjare:

Jare van die Houtvark 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2686 v.C. 2626 v.C. 2566 v.C. 2506 v.C. 2446 v.C. 2386 v.C. 2326 v.C. 2266 v.C. 2206 v.C. 2146 v.C. 10 2086 v.C. 2026 v.C. 1966 v.C. 1906 v.C. 1846 v.C. 1786 v.C. 1726 v.C. 1666 v.C. 1606 v.C. 1546 v.C. 20 1486 v.C. 1426 v.C. 1366 v.C. 1306 v.C. 1246 v.C. 1186 v.C. 1126 v.C. 1066 v.C. 1006 v.C. 946 v.C. 30 886 v.C. 826 v.C. 766 v.C. 706 v.C. 646 v.C. 586 v.C. 526 v.C. 466 v.C. 406 v.C. 346 v.C. 40 286 v.C. 226 v.C. 166 v.C. 106 v.C. 46 v.C. 15 75 135 195 255 50 315 375 435 495 555 615 675 735 795 855 60 915 975 1035 1095 1155 1215 1275 1335 1395 1455 70 1515 1575 1635 1695 1755 1815 1875 1935 1995 2055 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 766 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

12