Die Metaalvark (辛亥, xīnhài) is die 48ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agste Hemelstam (辛, xīn) – die element Metaal en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalvarkjaar het in 1971 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 27 Januarie 1971 tot 4 Februarie 1972.
Metaalvarkjare
Die volgende jare is Metaalvarkjare:
Jare van die Metaalvark 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2650 v.C. 2590 v.C. 2530 v.C. 2470 v.C. 2410 v.C. 2350 v.C. 2290 v.C. 2230 v.C. 2170 v.C. 2110 v.C. 10 2050 v.C. 1990 v.C. 1930 v.C. 1870 v.C. 1810 v.C. 1750 v.C. 1690 v.C. 1630 v.C. 1570 v.C. 1510 v.C. 20 1450 v.C. 1390 v.C. 1330 v.C. 1270 v.C. 1210 v.C. 1150 v.C. 1090 v.C. 1030 v.C. 970 v.C. 910 v.C. 30 850 v.C. 790 v.C. 730 v.C. 670 v.C. 610 v.C. 550 v.C. 490 v.C. 430 v.C. 370 v.C. 310 v.C. 40 250 v.C. 190 v.C. 130 v.C. 70 v.C. 10 v.C. 51 111 171 231 291 50 351 411 471 531 591 651 711 771 831 891 60 951 1011 1071 1131 1191 1251 1311 1371 1431 1491 70 1551 1611 1671 1731 1791 1851 1911 1971 2031 2091 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 730 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
48