Die sestigdelige siklus, ook bekend as die Stamme-en-Takke (Chinees: 干支, gānzhī), is ’n siklus van 60 terme wat in China en ander lande in Oos-Asië gebruik is om tyd aan te dui.Nussbaum, Louis-Frédéric. (2005). "Jikkan-jūnishi" in Japan Encyclopedia, p. 420. Dit is vermoedelik in die eerste Chinese tekste, van die middel van die 3de eeu v.C. af, gebruik om dae en jare aan te dui. Die siklus en variasies daarvan was ’n belangrike deel van die tradisionele kalenderstelsels in gebiede wat deur China beïnvloed is, veral Japan, Korea en Viëtnam. Die ou Chinese stelsel word steeds in Taiwan gebruik.
Die tradisionele metode om dae en jare te nommer speel nie meer enige betekenisvolle rol in moderne Chinese kalenders nie. Die sestigdelige siklus word egter steeds gebruik in die name van baie geskiedkundige gebeure, soos die Chinese Xinhai-rewolusie, die Japannese Boshin-oorlog en die Koreaanse Imjin-oorlog. Dit speel ook steeds ’n rol in Chinese astrologie en waarsêery.
Oorsig Elke term in die sestigdelige siklus bestaan uit twee Chinese karakters. Die eerste is die naam van een van die 10 Hemelstamme, en die tweede die naam van een van die 12 Aardtakke (of diere van die diereriem) wat die jare van Jupiter se 12-jarige omwenteling om die son verteenwoordig.
Die eerste term, 甲子 (jiǎzǐ), kombineer die eerste Hemelstam met die eerste Aardtak. Die tweede term, 乙丑 (yǐchǒu), kombineer die tweede Hemelstam en tweede Aardtak. Dié patroon hou aan totdat albei siklusse gelyk eindig met 癸亥 (guǐhài) – daarna begin dit weer by 甲子.
Omdat twee-twee Hemelstamme weer met een van die Vyf Elemente verbind word, en net een van die twee Hemelstamme per Aardtak gebruik word (óf jin óf jang), gee hierdie kombinasies ’n totaal van 60 (12 Aardtakke x Vyf Elemente = 60) en nie 120 nie. Die helfte van die moontlike kombinasies word dus nie gebruik nie.
duimnael|220px|Beelde van Tai Sui-gode verantwoordelik vir individuele jare van die sestigdelige siklus. 10 Hemelstamme
Die 10 Hemelstamme is ’n kombinasie van die Vyf Elemente en jin en jang.
10 Hemelstamme Chinese karakter Jin/jang Element 1 甲 jiǎ Jang Hout (木, mù) 2 乙 yǐ Jin 3 丙 bǐng Jang Vuur (火, huŏ) 4 丁 dīng Jin 5 戊 wù Jang Aarde (土, tŭ) 6 己 jǐ Jin 7 庚 gēng Jang Metaal (金, jīn)8 辛 xīn Jin9 壬 rén Jang Water (水, shuĭ) 10 癸 guǐ Jin
12 Aardtakke
Die 12 Aardtakke is nie net vir die kalender gebruik nie, maar elk is ook aan ’n dier toegeken. In die Weste word dié diere dikwels aan die diereriem gelykgestel, maar eintlik het die twee stelle diere niks met mekaar te doen nie. Die Chinese Aardtakke (dieretekens) is ook vir ander dinge gebruik, soos maande, dubbelure, windrigtings, ens. AardtakPinyinChinese dierRigtingSeisoenMaanmaandDubbeluur1子zǐ鼠Rot0° (noord)winterMaand 1123:00 tot 01:00 (middernag)2丑chǒu牛Os30°Maand 1201:00 tot 03:003寅yín虎Tier60°lenteMaand 103:00 tot 05:004卯mǎo兔Konyn90° (oos)Maand 205:00 tot 07:005辰chén龙(龍)Draak120°Maand 307:00 tot 09:006巳sì蛇Slang150°somerMaand 409:00 tot 11:007午wǔ马(馬)Perd180° (suid)Maand 511:00 tot 13:00 (12:00)8未wèi羊Bok210°Maand 613:00 tot 15:009申shēn猴Aap240°herfsMaand 715:00 tot 17:0010酉yǒu鸡(雞)Haan270° (wes)Maand 817:00 tot 19:0011戌xū狗Hond300°Maand 919:00 tot 21:0012亥hài猪(豬)Vark330°winterMaand 1021:00 tot 23:00 In verskillende kulture word verskillende diername gebruik. In Viëtnam word die Konyn byvoorbeeld met die Kat vervang.
Sestigdelige jare No.Stam-TakChinese naamKoreaanse naamJapannese naamViëtnamese naamAssosiasiesn.C.v.C.Gregoriaanse jaar1甲子jiǎ-zǐgapja 갑자kōshi(kasshi)/kinoe-neGiáp TýJang-Hout-Rot45719842乙丑yǐ-chǒueulchuk 을축itchū/kinoto-ushiẤt SửuJin-Hout-Os55619853丙寅bǐng-yínbyeongin 병인heiin/hinoe-toraBính DầnJang-Vuur-Tier65519864丁卯dīng-mǎojeongmyo 정묘teibō/hinoto-uĐinh MãoJin-Vuur-Konyn75419875戊辰wù-chénmujin 무진boshin/tsuchinoe-tatsuMậu ThìnJang-Aarde-Draak85319886己巳jǐ-sìgisa 기사kishi/tsuchinoto-miKỷ TỵJin-Aarde-Slang95219897庚午gēng-wǔgyeongo 경오kōgo/kanoe-umaCanh NgọJang-Metaal-Perd105119908辛未xīn-wèisinmi 신미shinbi/kanoto-hitsujiTân MùiJin-Metaal-Bok115019919壬申rén-shēnimsin 임신jinshin/mizunoe-saruNhâm ThânJang-Water-Aap1249199210癸酉guǐ-yǒugyeyu 계유kiyū/mizunoto-toriQuý DậuJin-Water-Haan1348199311甲戌jiǎ-xūgapsul 갑술kōjutsu/kinoe-inuGiáp TuấtJang-Hout-Hond1447199412乙亥yǐ-hàieulhae 을해itsugai/kinoto-iÂt HợiJin-Hout-Vark1546199513丙子bǐng-zǐbyeongja 병자heishi/hinoe-neBính TýJang-Vuur-Rot1645199614丁丑dīng-chǒujeongchuk 정축teichū/hinoto-ushiĐinh SửuJin-Vuur-Os1744199715戊寅wù-yínmuin 무인boin/tsuchinoe-toraMậu DầnJang-Aarde-Tier1843199816己卯jǐ-mǎogimyo 기묘kibō/tsuchinoto-uKỷ MãoJin-Aarde-Konyn1942199917庚辰gēng-chéngyeongjin 경진kōshin/kanoe-tatsuCanh ThìnJang-Metaal-Draak2041200018辛巳xīn-sìsinsa 신사shinshi/kanoto-miTân TỵJin-Metaal-Slang2140200119壬午rén-wǔimo 임오jingo/mizunoe-umaNhâm NgọJang-Water-Perd2239200220癸未guǐ-wèigyemi 계미kibi/mizunoto-hitsujiQuý MùiJin-Water-Bok2338200321甲申jiǎ-shēngapsin 갑신kōshin/kinoe-saruGiáp ThânJang-Hout-Aap2437200422乙酉yǐ-yǒueuryu 을유itsuyū/kinoto-toriẤt DậuJin-Hout-Haan2536200523丙戌bǐng-xūbyeongsul 병술heijutsu/hinoe-inuBính TuấtJang-Vuur-Hond2635200624丁亥dīng-hàijeonghae 정해teigai/hinoto-iĐinh HợiJin-Vuur-Vark2734200725戊子wù-zǐmuja 무자boshi/tsuchinoe-neMậu TýJang-Aarde-Rot2833200826己丑jǐ-chǒugichuk 기축kichū/tsuchinoto-ushiKỷ SửuJin-Aarde-Os2932200927庚寅gēng-yíngyeongin 경인kōin/kanoe-toraCanh DầnJang-Metaal-Tier3031201028辛卯xīn-mǎosinmyo 신묘shinbō/kanoto-uTân MãoJin-Metaal-Konyn3130201129壬辰rén-chénimjin 임진jinshin/mizunoe-tatsuNhâm ThìnJang-Water-Draak3229201230癸巳guǐ-sìgyesa 계사kishi/mizunoto-miQuý TỵJin-Water-Slang3328201331甲午jiǎ-wǔgabo 갑오kōgo/kinoe-umaGiáp NgọJang-Hout-Perd3427201432乙未yǐ-wèieulmi 을미itsubi/kinoto-hitsujiẤt MùiJin-Hout-Bok3526201533丙申bǐng-shēnbyeongsin 병신heishin/hinoe-saruBính ThânJang-Vuur-Aap3625201634丁酉dīng-yǒujeongyu 정유teiyū/hinoto-toriĐinh DậuJin-Vuur-Haan3724201735戊戌wù-xūmusul 무술bojutsu/tsuchinoe-inuMậu TuấtJang-Aarde-Hond3823201836己亥jǐ-hàigihae 기해kigai/tsuchinoto-iKỷ HợiJin-Aarde-Vark3922201937庚子gēng-zǐgyeongja 경자kōshi/kanoe-neCanh TýJang-Metaal-Rot4021202038辛丑xīn-chǒusinchuk 신축shinchū/kanoto-ushiTân SửuJin-Metaal-Os4120202139壬寅rén-yínimin 임인jin'in/mizunoe-toraNhâm DầnJang-Water-Tier4219202240癸卯guǐ-mǎogyemyo 계묘kibō/mizunoto-uQuý MãoJin-Water-Konyn4318202341甲辰jiǎ-chéngapjin 갑진kōshin/kinoe-tatsuGiáp ThìnJang-Hout-Draak4417202442乙巳yǐ-sìeulsa 을사itsushi/kinoto-miẤt TỵJin-Hout-Slang4516202543丙午bǐng-wǔbyeongo 병오heigo/hinoe-umaBính NgọJang-Vuur-Perd4615202644丁未dīng-wèijeongmi 정미teibi/hinoto-hitsujiĐinh MùiJin-Vuur-Bok4714202745戊申wù-shēnmusin 무신boshin/tsuchinoe-saruMậu ThânJang-Aarde-Aap4813202846己酉jǐ-yǒugiyu 기유kiyū/tsuchinoto-toriKỷ DậuJin-Aarde-Haan4912202947庚戌gēng-xūgyeongsul 경술kōjutsu/kanoe-inuCanh TuấtJang-Metaal-Hond5011203048辛亥xīn-hàisinhae 신해shingai/kanoto-iTân HợiJin-Metaal-Vark5110203149壬子rén-zǐimja 임자jinshi/mizunoe-neNhâm TýJang-Water-Rot529203250癸丑guǐ-chǒugyechuk 계축kichū/mizunoto-ushiQuý SửuJin-Water-Os538203351甲寅jiǎ-yíngabin 갑인kōin/kinoe-toraGiáp DầnJang-Hout-Tier547203452乙卯yǐ-mǎoeulmyo 을묘itsubō/kinoto-uẤt MãoJin-Hout-Konyn556203553丙辰bǐng-chénbyeongjin 병진heishin/hinoe-tatsuBính ThìnJang-Vuur-Draak565203654丁巳dīng-sìjeongsa 정사teishi/hinoto-miĐinh TỵJin-Vuur-Slang574203755戊午wù-wǔmuo 무오bogo/tsuchinoe-umaMậu NgọJang-Aarde-Perd583203856己未jǐ-wèigimi 기미kibi/tsuchinoto-hitsujiKỷ MùiJin-Aarde-Bok592203957庚申gēng-shēngyeongsin 경신kōshin/kanoe-saruCanh ThânJang-Metaal-Aap601204058辛酉xīn-yǒusinyu 신유shin'yū/kanoto-toriTân DậuJin-Metaal-Haan160204159壬戌rén-xūimsul 임술jinjutsu/mizunoe-inuNhâm TuấtJang-Water-Hond259204260癸亥guǐ-hàigyehae 계해kigai/mizunoto-iQuý HợiJin-Water-Vark3582043
Omskakeling tussen siklus- en Westerse jare duimnael|250px|Die verhouding tussen siklus- en onlangse Gregoriaanse jare. Die sestigdelige siklus is sedert die Han-dinastie gebruik om jare te benoem, maar dit kan retrospektief ook vir vroeëre jare gebruik word. Omdat die siklus homself herhaal, kan dit nie vir ’n spesifieke jaar gebruik word sonder bykomende inligting nie, soos die Chinese eranaam.The Mathematics of the Chinese Calendar Die jaar begin met die Nuwejaar van wie ook die kalender gebruik. In China verander die siklusjaar gewoonlik op die Chinese Maannuwejaar. In Japan het dit tot onlangs op die Japannese Maannuwejaar verander, maar dit is nou 1 Januarie. ’n Mens moet dit dus in gedagte hou wanneer jy ’n siklusjaar in ’n Gregoriaanse jaar wil omskakel. Die volgende omskakelings gebruik die Chinese datums ná die Maannuwejaar. Om die ooreenstemmende siklusjare in die datums voor die Maannuwejaar te vind, sal die Gregoriaanse jaar met 1 verminder moet word.
As voorbeeld was die jaar 2697 v.C. (of -2696) – tradisioneel die eerste jaar van die bewind van die legendariese Geel Keiser – die eerste jaar (甲子; jiǎzǐ) van ’n siklus. 2700 jaar later, in 4 n.C. (die duur van 45 sestigjaarsiklusse), was ook die begin van ’n nuwe siklus. Net so was 1980 jaar later, 1984, die begin van ’n nuwe siklus.
Om die ekwivalent van ’n Gregoriaanse jaar in die sestigjarige siklus te vind, gebruik een van die metodes hier onder. Vir enige jaar ná 4 n.C. kan die ekwivalente siklusjaar gevind word deur 3 van die Gregoriaanse jaar af te trek, dit deur 60 te deel en die resgetal te neem. Sien die voorbeeld onder. Vir enige jaar voor 1 n.C., kan die ekwivalente siklusjaar gevind word deur 2 by die Gregoriaanse jaar te tel (in v.C.), dit deur 60 te deel, en die resgetal van 60 af te trek. 1, 2 en 3 n.C. stem ooreen met onderskeidelik die 58ste, 59ste en 60ste jaar van die sestigdelige siklus. Die formule vir die jare n.C. is (jaar - 3 of + 57) mod 60 en vir jare v.C. is 60 - (jaar + 2) mod 60.
Die resultaat sal ’n getal tussen 0 en 59 wees, wat sal ooreenstem met die jaarvolgorde in die siklus; as die resgetal 0 is, stem dit ooreen met die 60ste jaar van die siklus. As die eerste metode gebruik word, is die ekwivalente siklusjaar van 2012 n.C. die 29ste jaar (壬辰; rén-chén), as (2012 - 3) mod 60 = 29 (dit is: die resgetal van (2012 - 3) gedeel deur 60 is 29). As die tweede metode gebruik word, sal die ekwivalente siklusjaar van 221 v.C. wees die 17de jaar (庚辰; gēng-chén), as 60 - [(221 + 2) mod 60] = 17 (dit is: 60 minus die resgetal van (221 + 2) gedeel deur 60 is 17).
Voorbeelde ’n Voorbeeld om die teken vir 1967 vas te stel: 1967 – 3 = 1964 ("trek 3 van die Gregoriaanse jaar af") 1964 ÷ 60 = 32 ("gedeel deur 60 en ignoreer enige breuk") 1964 – (60 × 32) = 44 ("neem die resgetal") Kyk na die tabel hier bo, soek 44 in die eerste kolom (No.) en jy kry Vuur-Bok (丁未; dīng-wèi).
’n Voorbeeld om die siklusjaar van die eerste jaar van die bewind van Qin Shi Huang (246 v.C.) vas te stel: 246 + 2 = 248 ("tel 2 by die Gregoriaanse jaar (in v.C.)") 248 ÷ 60 = 4 ("deel deur 60 en ignoreer enige breuk") 248 – (60 × 4) = 8 ("neem die resgetal") 60 – 8 = 52 ("trek die resgetal van 60 af") Kyk op die tabel hier bo vir 52 in die eerste kolom (No.) en jy kry Hout-Konyn (乙卯; yǐ-mǎo).
’n Korter metode Vir ’n jaar n.C., neem die resgetal mod 60, en kyk in die kolom n.C.: 1967 = 60 × 32 + 47. Resgetal is dus 47 en die kolom n.C. van die tabel hier bo gee Vuur-Bok Vir ’n jaar v.C., ignoreer die ministeken, neem die resgetal van die jaar mod 60 en kyk in die kolom v.C.: 246 = 60 × 4 + 6. Die resgetal is dus 6 en die kolom v.C. van die tabel gee Hout-Konyn.
Wanneer dié berekenings gedoen word, kan die jaar 246 v.C. nie as gebruik word nie omdat daar in die Gregoriaanse kalende nie ’n jaar 0 was nie.
Die volgende tabelle wys onlangse jare (op die Gregoriaanse kalender) en hul ooreenstemmende siklusjare:
1804-1923