Die Vuurvark (丁亥, dīnghài) is die 24ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng) – die element Vuur en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurvarkjaar het in 2007 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 18 Februarie 2007 tot 6 Februarie 2008.
Vuurvarkjare
Die volgende jare is Vuurvarkjare:
Jare van die Vuurvark 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2674 v.C. 2614 v.C. 2554 v.C. 2494 v.C. 2434 v.C. 2374 v.C. 2314 v.C. 2254 v.C. 2194 v.C. 2134 v.C. 10 2074 v.C. 2014 v.C. 1954 v.C. 1894 v.C. 1834 v.C. 1774 v.C. 1714 v.C. 1654 v.C. 1594 v.C. 1534 v.C. 20 1474 v.C. 1414 v.C. 1354 v.C. 1294 v.C. 1234 v.C. 1174 v.C. 1114 v.C. 1054 v.C. 994 v.C. 934 v.C. 30 874 v.C. 814 v.C. 754 v.C. 694 v.C. 634 v.C. 574 v.C. 514 v.C. 454 v.C. 394 v.C. 334 v.C. 40 274 v.C. 214 v.C. 154 v.C. 94 v.C. 34 v.C. 27 87 147 207 267 50 327 387 447 507 567 627 687 747 807 867 60 927 987 1047 1107 1167 1227 1287 1347 1407 1467 70 1527 1587 1647 1707 1767 1827 1887 1947 2007 2067 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 754 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
24