thumb|Die stadsaal thumb|Die Grote Kerk thumb|Die spoorbrug oor die Ou Maas thumb|Die Moerdijkbrûe thumb|Die Dordtse Biesbosch
Dordrecht is 'n stad in Nederland met sowat 120 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van sowat 99 km². Die stad - die inwoners noem hul stad meestal Dordt - is geleë in die uiterste suide van die provinsie Zuid-Holland en vorm ook die suidpunt van die Randstad. Dordrecht is met sy inwoners die vyfde grootste munisipaliteit van die provinsie en is deel van die metropolitaanse agglomerasie Drechtsteden.
Die stad lê op die plek waar die Beneden-Merwede-rivier in die Noord en die Ou Maas verdeel. Die munisipaliteit sluit die hele Eiland van Dordrecht in; die Moerdijkbrûe oor die Hollandsch Diep vorm die verbinding met die provinsie Noord-Brabant.
Dordrecht beskik oor sewe museums, vier polisiestasies, twee brandweerkasernes, twee hospitale en 'n gevangenis (Gevangenis Dordrecht). 'n Klein deel van die nasionale park Die Biesbosch lê in die Dordrecht-munisipaliteit.
In hierdie munisipaliteit word Dordts gepraat, wat 'n Zuid-Hollandse dialek is.
Plekke Dordrecht · Dubbeldam · Kop van 't Land · Tweede Tol · Wieldrecht · Willemsdorp
Geskiedenis Dordrecht is die oudste stad van die vroeëre gewes Holland. Die stad is vir die eerste keer in 'n teks uit die twaalfde eeu vermeld, toe die stad nog as Thuredrech aangewys is, en het in 1220 stadsregte gekry. In die Middeleeue ontwikkel die stad as belangrike handelstad en bergplek en was dit een van die ses grootste stede van Holland. Later het die belang van die stad afgeneem, maar die middestad herinner nog altyd aan hierdie ryk verlede.
In die begintyd van die Tagtigjarige Oorlog is in 1572 in Dordrecht 'n vergadering van die state van die gewes Holland gehou, waarby Willem van Oranje as stadhouer het erken en Holland hulleself onafhanklik het verklaar. Later is in 1618 en 1619 in hierdie stad die Calvinistiese Sinode van Dordrecht gehou.
Sport Dordrecht beskik oor 'n professionele sokkerspan: FC Dordrecht, wat in die Eerste divisie meeding.
Munisipale raad Verkiesings sedert 2002
Party Setels 2002 2006 2010 2014 2018 2022 VVD 7 6 5 3 5 6 GL 4 3 3 2 4 6 Beter voor Dordt 6 15 14 8 5 VSP Dordrecht ¹ 2 2 2 2 2 4 CU–SGP 4 3 3 3 4 4 CDA 6 4 3 4 4 4 PvdA 8 12 6 4 2 2 PvdD 2 DENK 1 Gewoon Dordt 1 1 Op Ons Eiland 1 SP 3 2 1 PVV 3 1 FVD 3 1 D66 ² 2 1 2 4 4 Eco-Dordt ² 6 2 Totaal 39 39 39 39 39 39
¹ Verenigde Senioren Partij Dordrecht
² Eco-Dordt is in 2010 met D66 saamgegaan.
Boorlinge Adriaen van der Stel (1605–1646), goewerneur van Nederlands-Mauritius Johan de Witt (1625–1672), pensioenaris van Dordrecht en raadspensioenaris van Holland Aert de Gelder (1645–1727), skilder Dirk van der Hoff (1814–1881), Suid-Afrikaanse predikant
Susterstede Bamenda, Kameroen Dordrecht, Oos-Kaap, sedert 23 Maart 2006 Hastings, Verenigde Koninkryk Recklinghausen, Duitsland Warna, Bulgarye
Naburige munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Nedersettings in Zuid-Holland Kategorie:Stede in Nederland