Aruba (Nederlands: [aːˈrubaː] of [aːˈrybaː], ; Papiaments: [aˈruba]), amptelik die Land Aruba (Nederlands: Land Aruba; Papiaments: Pais Aruba), is 'n eilandstaat in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 1986 het Aruba deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 1 Januarie 1986 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande. Sedert die ontbinding van die Nederlandse Antille in 2010 is dit grondwetlik gelykwaardig aan Curaçao, Nederland en Sint Maarten.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Aruba duimnael|links|Kaart van Aruba Die amptelike tale is Nederlands en Papiaments (die volkstaal); ander tale wat gepraat word is Spaans en Engels. Die hoofstad en grootste stad is Oranjestad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 180 km² en het in 2022 'n bevolking van 106 739 gehad.

Etimologie Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam "Aruba": Van die Spaanse Oro hubo wat beteken "daar was goud" Van die Eiland-Karibiese woord Oruba wat beteken "goed geplaas" Van die Eiland-Karibiese woorde Ora ("dop") en Oubao ("eiland")

Galery

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Aruba se regering