duimnael|links|Ligging van die ABC-eilande in die Karibiese See duimnael|links|Kaart van die ABC-eilande

Die ABC-eilande (Nederlands: ABC-eilanden, Engels: ABC Islands, Papiaments: Islanan ABC) is 'n versamelnaam vir die Nederlandse eilande Aruba, Bonaire en Curaçao. Aruba en Curaçao is saam met Sint Maarten outonome lande in die Koninkryk der Nederlande, terwyl Bonaire tot Karibies Nederland behoort. Die ABC-eilande is in die suide van die Karibiese See net noord van die kus van Venezuela geleë.

Aruba het op 1 Januarie 1986 'n outonome land in die Koninkryk der Nederlande geword en die eilande Bonaire en Curaçao het tot 2010 deel van die Nederlandse Antille uitgemaak. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die geldeenheid op Bonaire. De Nederlandsche Bank - Bonaire, Sint Eustatius, Saba

Vlag Landdeel Bevolking Oppervlakte Bevolkingsdigtheid Geldeenheid30px|Vlag van Aruba Aruba 100 018 (2007) CIA World Factbook 2007 - Aruba 193 km² 518 /km² Arubaanse floryn (AWG)30px|Vlag van Bonaire Bonaire 13 389 (2010) Central Bureau of Statistics Netherlands Antilles 288 km² 46 /km² Amerikaanse dollar ($) USD30px|Vlag van Curaçao Curaçao 142 180 (2010) 444 km² 317 /km² Antilliese gulden (ANG)

Geskiedenis Volgens betwiste briewe van Amerigo Vespucci, is die ABC-eilande die eerste keer verken deur een van die kapteins van Christopher Columbus, Alonso de Ojeda, wat in 1499 op Curaçao geland het. Na bewering het hy die eilande Las islas de los Gigantes of Eilande van die Reuse genoem vanweë die inheemse inwoners, die Caiquetio-Indiane. Die eerste bevestigde Europese verkenning was deur Amerigo Vespucci, wie se kartograaf Juan de la Cosa die eilande eerste beskryf het. Teen 1527 het die Spaanse 'n regering gestig en Katolisisme op die eilande gevestig.

In 1634 het Nederland met Spanje oor die beheer van die eilande geveg. Die Nederlanders het gewen (hoewel Spanje hulle wel weer hewin het maar dit weer laat vaar het omdat dit van weinig waarde was) en die eilande is toe deur Nederland geadministreer. Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het die gebiede ontwikkel en 'n groot hawe in Curaçao gebou. Die afskaffing van die slawehandel in 1863 het 'n verwoestende uitwerking op hul ekonomieë gehad, hoewel die ekonomie herleef het toe ruolie in die vroeë 20ste eeu in Venezuela ontdek is, en die eilande groot olieraffinaderye geword het.

Vanaf 1815 tot 1954 het die drie eilande bekend gestaan as die Kolonie van Curaçao en Afhanklike Gebiede. Hierdie kolonie het op verskillende tye ook die Nederland Suriname en Sint Eustatius en Afhanklike Gebiede ingesluit. In 1954 het die ABC-eilande deel geword van die Nederlandse Antille, wat aan hulle politieke outonomie in die Koninkryk van die Nederland gegee het. In 1986 onttrek Aruba van die Nederlandse Antille en word hy 'n aparte land binne die koninkryk. Na die ontbinding van die Nederlandse Antille op 10 Oktober 2010 het Curaçao 'n soortgelyke status as Aruba verwerf. Bonaire het 'n spesiale munisipaliteit van Nederland geword, hoewel hy sy status as 'n oorsese gebied van die Europese Unie behou.

Politiek Aruba en Curaçao is outonome lande van die Koninkryk van Nederland, wat hul eie parlement en premier het. Bonaire is 'n 'spesiale munisipaliteit' van Nederland, onderworpe aan die Nederlandse reg.

Aruba, Bonaire en Curaçao is al drie die grondwetlike eilande van die Europese Unie, wat beteken dat hulle tot spesiale gebiede van die lidstaat behoort. Burgers van hierdie eilande het 'n Europese paspoort en kan stem oor die verkiesing vir die Europese parlement. Hulle is egter nie lid van die Schengen-ooreenkoms van die Europese Unie nie.

Verwysings

Kategorie:Koninkryk van die Nederlande Kategorie:Klein-Antille