Papiaments (Papiamentu) is 'n taal wat deur die bewoners van die ABC-eilande (Aruba, Bonaire en Curaçao) gepraat word. Papiaments (in Afrikaans) of Papiamento is 'n kreool van Portugees wat deur verskillende tale soos Nederlands, Engels, Spaans en Afrikatale beïnvloed is. Elke eiland het sy eie dialek van die taal.

duimnael|links|upright|Titelblad van die oudste bewaarde drukwerk in Papiaments (1837). In 2000 het 59 984 mense op Aruba aangedui dat hulle tuis Papiaments praat (69,4% van die bevolking) en in 2001 was dit 106 054 mense op Curaçao gewees (81,2%) en 8 059 op Bonaire (74,7%). In Nederland is daar moontlik 'n verdere 50 000 tot 60 000 sprekers wat die taal tuis praat. In totaal verstaan ongeveer 250 000 mense hierdie taal.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Aruba Kategorie:Bonaire Kategorie:Curaçao Kategorie:Portugeesgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Tale van Nederland