Antarktiese smele of Antarktiese haargras (Deschampsia antarctica) is een van slegs twee inheemse blomplante in Antarktika (die ander is Antarktiese pêrelkruid).
As gevolg van 'n onlangse styging in gemiddelde temperatuur ontkiem meer saad wat groot getalle saailinge en plante meebring. Die neiging word toegeskryf aan globale verhitting. In die geval van Antarktiese smele dui verslae 'n vyf-en-twintig-voudige vermeerdering in die plante aan wat hulle gebied verder suid uitgebrei het en groter oppervlaktes dek waar ook al hulle aangetref word. Die spesie kom verder suid as 56 grade voor.
Sien ook Antarktiese pêrelkruid
Eksterne skakels Climatehotmap.org inskrywing oor Antarktiese pêrelkruid kennislink.nl - Antarktiese flora en fauna British Antarctic Survey - Terrestrial Plants University of Canterbury (NZ): Gateway Antarctica - Adaption to the Cold
Kategorie:Antarktika Kategorie:Eensaadlobbige plante