Die Nederlandse Antille (Nederlands: Nederlandse Antillen, Engels: Netherlands Antilles, Papiaments: Antias Hulandes) was tot 10 Oktober 2010 'n groep Nederlandse eilande in die Karibiese See. Die groep het bestaan uit Curaçao en Klein-Curaçao, Bonaire en Klein-Bonaire, Sint Maarten, Sint Eustatius en Saba en Green island (Groen Eiland). Die hoofstad en grootste stad van die Nederlandse Antille was Willemstad op die eiland Curaçao. Tot 1986 was Aruba ook deel van die Nederlandse Antille, maar Aruba is tans 'n aparte land in die Koninkryk van die Nederlande. Die amptelike taal van die eilande was Nederlands. Op die Benedenwindse Eilande word ook Papiaments gepraat en op die Bovenwindse Eilande (S-Eilande) ook Engels. Bonaire en Curaçao behoort saam met Aruba tot die ABC-eilande en Bonaire, Sint-Eustatius en Saba vorm die BES-eilande.

Simbole

Gebiedsdele duimnael|links|400px|Kaart wat die Koninkryk van die Nederlande vertoon. Vlag Naam Hoofstad Koördinate Oppervlaktekm² Bevolking(2007) Status sedert 10 Oktober 2010 40px Curaçao Willemstad 444180 592 Outonome land in die Koninkryk 40px Bonaire Kralendijk 28814 479 Munisipaliteit in Nederland 40px Sint Maarten Philipsburg 3433 119 Outonome land in die Koninkryk 40px Sint Eustatius Oranjestad 212 498 Munisipaliteit in Nederland 40px Saba The Bottom 131 424 Munisipaliteit in Nederland 40px Aruba Oranjestad 180106 050(2008) Outonome land in die Koninkryksedert 1 Januarie 1986 40px Nederlandse Antillen Willemstad 800231 834 Ontbind