Hierdie artikel handel oor die hoofstad van Aruba. Vir die hoofstad van Sint Eustatius, sien Oranjestad (Sint Eustatius). Oranjestad 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Land (NL) Koördinate Stigting 1796 Oppervlakte: - Totaal vk km Hoogte bo seevlak 4 m Bevolking: - Totaal (2015) 34 980 - Bevolkingsdigtheid /vk km Tydsone UTC -04:00 Burgemeester Geen Aruba het net een bestuurslaag: 'n landsbestuur. Daar is geen munisipaliteite in Aruba nie.
Oranjestad is die hoofstad en grootste stad van Aruba, 'n land van die Koninkryk van die Nederlande. Die stad het in 2015 'n bevolking van 34 980 gehad en is die belangrikste stad op Aruba en is geleë aan die suidkus naby die wespunt van die eiland. In die plaaslike taal, Papiaments, word daar gereeld na Oranjestad verwys as "playa".
Geskiedenis en kultuur duimnael|links|Koloniale argitektuur in Oranjestad Oranjestad was gebou om die Zoutman-fort kort na dit in 1796 gebou is en die stad was van toe af al die hoofstad van Aruba. Die fort is steeds een van die stad se gewilde besienswaardighede; ander besienswaadighede sluit in die belasting-vrye hawe en die Willem III Toring, wat naby die fort geleë is.
Die stad is vernoem na die eerste Koning Willem van Oranje-Nassau, die eerste erfgenaam van die Nederlandse Huis van Oranje.
Klein gedeeltes van die stad is gevorm uit 'n reeks mensgemaakte uitbreidings van land binne-in die see. Die huidige Renaissance-mark, asook die Koningin Wilhelmina-park, lê in hierdie uitbreiding.
Die Nederlandse koloniale argitektuur is hier nie so sigbaar as op die buureiland Curaçao nie, maar 'n aantal moderne herskeppings is opgerig, soos die buitemuurse inkopiesentrum by die Koninklike Plein en 'n paar gebou in die hoofstraat ("Main Street") en op die hoofplein. As gevolg van die regering se belangstelling in die onderhoud van die eiland se kulturele erfenis, is 'n aantal ou geboue en huise in die middestad opgeknap en herskep tot kleurvolle besigtinge, soos die lemmetjie-kleurige Burgerlike Register in Wilhelminastraat.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Aruba Kategorie:Kusstede