Die Mosambiekbosbontrokkie (Batis soror) is 'n sangvoël wat aan die familie Platysteiridae behoort. Die voël is 'n redelik algemene standvoël wat in laagland- en veral miombo-boomveld leef. Dit word aangetref in Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië en Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Pale batis.

Voorkoms Die voëltjie word 11 cm groot en weeg dan slegs 10 gram. Dit is die mees algemene bontrokkie in die savannes van Mosambiek se kusvlakte. Die voëltjie is effens kleiner as die witliesbosbontrokkie en albei geslagte het 'n gespikkelde grys-en-wit rug. Die mannetjie het 'n smaller borsband as die wyfie. Die jong voëltjie lyk soos die wyfie maar die rugkant is dofgeel gespikkeld.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron

Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011

Kategorie:Bosbontrokkies