Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede (Frans: Territoire des Terres australes et antarctiques françaises of Terres australes et antarctiques françaises ook T.A.A.F. of TAAF) is antarktiese, vulkaniese eilande in die suidelike Indiese Oseaan, suid van Afrika en omtrent ewe ver van Afrika, Antarktika, en Australië. Die Franse suidelike lande en seë is in 2019 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Administrasie duimnael|links|Ligging van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede is deel van die oorsese gebiede van Frankryk (Frans: territoire d'outre-mer).

Dit is sedert 1955 'n oorsese gebied van Frankryk. Dit is te vore vanuit Parys deur 'n administrateur supérieur, bygestaan deur 'n sekretaris-generaal, bestuur; sedert Desember 2004 word dit egter deur 'n préfet (tans Michel Champon), met hoofkantoor in Sint Pierre op Réunioneiland bestuur. Die "hoofstad" (hoofbasis) van die gebied is Martin-de-Viviès op Île Amsterdam.

Die gebied word in vyf distrikte verdeel: Amsterdam en Sint Paul (Îles Saint Paul et Amsterdam), wat bestaan uit Amsterdameiland (Île Amsterdam) en Sint-Pauleiland (Île Saint-Paul), oppervlak 61 km², hoofbasis Martin-de-Viviès Crozeteilande (Îles Crozet of amptelik Archipel Crozet), oppervlak 505 km², hoofbasis Alfred-Faure Kergueleneilande (Îles Kerguelen of amptelik Archipel (des) Kerguelen), oppervlak 7 215 km², hoofbasis Port-aux-Français Adélieland (Terre Adélie), oppervlak 432 000 km², hoofbasis Dumont d'Urville Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (Îles Éparses), oppervlak 44 km²

'n Distrikshoof, wat magte soortgelyk aan die van 'n Franse burgemeester het (insluitend die opneem van geboortes en sterftes en as 'n offisier van die polisie optree), staan aan die hoof van elke distrik.

Omdat daar geen permanente bevolking is nie is daar nie 'n verkose raad nie en stuur die gebied nie verteenwoordigers na die nasionale parlement nie.

Verskeie lande erken nie die Franse aanspraak op "Adélieland" nie en Frankryk se gebiedsaanspraak is opgeskort volgens die voorwaardes van die Antarktiese Verdrag.

Sedert 2007 is die insluiting van die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (Frans: Îles Éparses) in die TAAF deur die Franse regering ingestel.

Geografie duimnael|Kaart van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Die gebied sluit Île Amsterdam, Île Saint-Paul, Îles Crozet, en Îles Kerguelen in die suidelike Indiese Oseaan naby 43°S, 67°E, in asook die Franse sektor van Antarktika, Terre Adélie, wat deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville na sy vrou vernoem is.

Die "Terre Adélie" van ongeveer 432 000 km² en die eilande, in totaal 7781 km², het geen inheemse bevolking nie, alhoewel daar in 1997 omtrent 100 navorsers waarvan die getalle tussen die winter en sommer wissel.

Île Amsterdam en Île Saint-Paul is gebluste vulkane; die hoogste punt in die gebied is Mont Ross op Îles Kerguelen teen 1850 meter. Daar is geen aanloopbane op die eilande nie en die 1232 kilometer kus lyn het geen hawens nie, slegs ankerplekke in die see.

Die eilande in die Indiese Oseaan word bedien deur 'n spesiale skip, Marion Dufresne, wat uit Le Port in Réunion vaar. Terre Adélie word deur die Astrolabe bedien wat uit Hobart in Tasmanië vaar.

Die gebied het 'n handelsvloot wat (in 1999) 2 892 911 GRT / 5 165 713 DWT bedrae, insluitend sewe massavragskepe, vyf vragskepe, tien chemiese tenkskepe, nege houervragskepe, ses six liquified gas carriers, 24 petroleumtenkskepe, een verkoelde vragskip, en ry-op-ry-afveerbotes. Die vloot word in stand gehou as 'n onderafdeling van die Franse register wat skepe in Franse besit toelaat om onder meer gunstige belasting en bemannings regulasie bedryf te word as wat onder die hoof Franse register moontlik is. Die register is egter besig om uit te sterf as gevolg van die skepping van die RIF (Registre International Français).

Distrikte INSEE-Code Hoofstad Bevolking(1) Oppervlakte[km²] Eksklusiewe Ekonomiese Sone[km²] Sint-Pauleiland en Amsterdameiland 98411 Martin-de-Viviès-Station(4) 29 66 502.533 Kergueleneilande 98412 Port-aux-Français(4) 60 7.215 563.869 Crozeteilande 98413 Alfred-Faure-Station(4) 18 352 567.475 Adélieland(2) 98414 Dumont-d’Urville-Station(4) 33 432.000 – Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan(3) 98415 Sint Pierre(5) 56 44 640.400 TAAF totaal 984 Sint Pierre(5) 206 439.677 2.274.277

Ekonomie duimnael|regs|Die onbewoonde Europa-eiland in die Mosambiekkanaal is 'n natuurreservaat Die gebied se natuurlike hulpbronne is beperk tot vis en kreef; ekonomiese aktiwiteit is beperk tot die bediening van die meteorologiese en geofisiese navorsingstasies en Franse of ander vissersvlote.

Die hoof vissoorte is Patagoniese tandvis en kreef. Beide word deur buitelandse vlote gestroop; daarom partolleer die Franse Vloot, en soms ander dienste, die omgewing en word stroperskepe gearresteer. Sulke arrestasies het groot boetes en/of die in beslag neem van die skip tot gevolg.

Frankryk het te vore lisensies aan buitelandse visserye vir die vang van Patagoniese tandvis verkoop; maar as gevolg van oor bevissing, word dit nou beperk tot 'n klein aantal visserye van Réunion.

Die gebied se jaarlikse inkomste is omtrent $18 miljoen.

Marion Dufresne kan gasheer speel tot 'n klein aantal kommersiële toeriste wat die eilande kan beoek as die skip daar aandoen.

Madagaskar se aanspraak op die Verspreide Eilande In Oktober 2024 het Madagaskar se president Andry Rajoelina sy begeerte herbevestig om die Verspreide Eilande, wat sedert 1973 deur Madagaskar opgeëis word, van Frankryk terug te bekom.

Allerlei Die gebied se datakode is FS en sy ISO 3166-1 landkode is TF (met Internet-topvlakdomein .tf).

Sien ook Lys van Wêrelderfenisgebiede

Verwysings

Eksterne skakels

TAAF Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Discoverfrance – Southern & Antarctic Territories Discoverfrance – Crozet Archipelago Discoverfrance – Kerguelen Archipelago Discoverfrance – Terre Adélie

Kategorie:Eilande in Indiese Oseaan Kategorie:Eilande in Suidelike Oseaan

Kategorie:Omstrede gebiede Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Frankryk